Moraea elegans
Moraea elegans is 'n plant en geofiet wat tot die genus Moraea behoort en deel van die fynbos en renosterveld is. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Stellenbosch tot by Bredasdorp voor. Dit het 'n voorkomsgebied van kleiner as 600 kmĀ². Die plant het reeds 60-80% van sy habitat afgestaan aan gewasverbouing en die oorblywende subpopulasies is gefragmenteer. Gewasverbouing en indringerplante is steeds 'n bedreiging.
Poutulp | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Iridaceae |
Genus: | Moraea |
Spesie: | M. elegans |
Binomiale naam | |
Moraea elegans Jacq., (1797) | |
Sinonieme | |
|
Galery
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.