Moorreesburg
Moorreesburg is 'n dorp in die munisipaliteit Swartland, provinsie Wes-Kaap (Suid-Afrika). Dit is ongeveer halfpad tussen Piketberg en Malmesbury geleë. Die dorp is die ekonomiese sentrum van die omliggende landboustreek, waar veral koring en hawer verbou word. Moorreesburg beskik oor 'n aantal landboukundige geriewe soos koringmeule en graansilo's. Die plaaslike koringmuseum behandel die streek se hoofproduk.
Moorreesburg | |
---|---|
Dorp | |
![]() Treinstasie in Moorreesburg | |
![]() ![]() Moorreesburg ![]() | |
Koördinate: 33°09′S 18°40′O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Weskus |
Munisipaliteit | Swartland |
Stigting | 1882 |
Oppervlak | |
• Totaal | 27,8 km2 (10,7 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 12 877 |
• Digtheid | 463/km2 (1 200/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 22.5% |
• Indiërs/Asiërs | 0.2% |
• Bruin mense | 70.1% |
• Swart mense | 6.7% |
• Ander | 0.4% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 92.0% |
• Xhosa | 3.5% |
• Engels | 2.2% |
• Ander | 2.3% |
Poskode (strate) | 7310 |
Poskode (posbusse) | 7310 |
Skakelkode | 022 |
Webwerf | http://moorreesburg.net/ |
![](../I/NG_kerk_Moorreesburg.jpg.webp)
![](../I/Munisipale_kantoor_Moorreesburg.jpg.webp)
![](../I/Ou_NG_kerk_Moorreesburg.jpg.webp)
Geskiedenis
Moorreesburg is in 1890 as 'n kerkgemeente op die plaas Hooikraal gestig en genoem na ds. J.C. le Febre Moorrees, die vader van prof. Adriaan Moorrees. In 1898 het dit 'n munisipaliteit geword. Met die nuwe munisipale herindeling van 2000 het dit deel van Swartland geword.
Wapens
Munisipaliteit (1) — Die munisipale raad het op 'n stadium 'n skynheraldiese "wapen" gebruik wat 'n anker, 'n ramskop, 'n keper en 'n graansilo uitbeeld.
Munisipaliteit (2) — Teen 1966, het die raad 'n heraldiese wapen in gebruik geneem : Deurgesny, 'n golwende dwarsbalk belaai met 'n staande merinoram vergesel in die skildhoof van twee Morekoppe en in die skildvoet van 'n koringgerf. Die helmteken was twee gekruiste visse en die wapenspreuk "Domine dirige nos".
Munisipaliteit (3) — 'n Nuwe wapen is in 1983 by die Buro vir Heraldiek geregistreer : Verhoogd gekanteeld deursnede van rooi en goud, in die skildhoof 'n staande silwer merinoram, op 'n verhoogde gewelfde swart skildvoet, 'n goue koringgerf. Die helmteken was twee regopgeplaaste rooi visse met goue vinne. Die wapenspreuk het onveranderd gebly.[2]
Bekende boorlinge
- Chris Koch - 1927, Springbokrugbyspeler.
- M.M. Walters - 1930, Afrikaanse satiriese digter.
Verwysings
- Som van die hoofplekke Moorreesburg en Rosenhof tydens die 2011-sensus.
- National Archives of South Africa : Data of the Bureau of Heraldry.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Moorreesburg.