Montroux

Montroux is 'n besonder klein voorstad van Johannesburg, sowat 9 km noordwes van die stadsaal.

Montroux
Montroux is in Gauteng
Montroux
Montroux
 Montroux se ligging in Gauteng
Koördinate: 26°08′30″S 27°59′0″O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieGauteng
MunisipaliteitStad Johannesburg
HoofplekJohannesburg
Stigting21 September 1955
Oppervlak
  Totaal0,16 km2 (0,06 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal270
  Digtheid1 688/km2 (4 370/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense42,2%
  Indiërs/Asiërs27,4%
  Bruin mense5,2%
  Swart mense25,6%
Taal (2011)
  Engels 71,0%
  Afrikaans 12,3%
  Zoeloe 5,6%
  Suid-Ndebele 4,5%
  Ander 6,7%

Montroux grens in die weste aan Risidale, in die noorde aan Linden, in die ooste aan Franklin Roosevelt Park en in die suide aan Northcliff. Dis uitgelê op die plaas Waterval en op 21 September 1955 geproklameer. Montroux is genoem na Aasvoëlkop, in die aangrensende Northcliff, waar ook die plaaslike NG gemeente, NG gemeente Aasvoëlkop, die naam van die 1 787 m hoë koppie dra. "Mont" is Frans vir berg. Die tweede deel van die naam is afgelei van die eienaar van die plaas, Frederick Johannes le Roux (1875–1963), se van.

Bronne

  • (en) Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers.

Verwysings

  1. "Subplek Montroux". Sensus 2011.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.