Montréal, Yonne

Montréal is 'n munisipaliteit (commune) in die Franse département Yonne (gewes Boergondië-Franche-Comté).

Montréal
Middeleeuse straat in Montréal
Middeleeuse straat in Montréal
Wapen van Montréal
Wapen
Montréal is in Frankryk
Montréal
Montréal
Koördinate: 47°32′35″N 4°02′12″O
LandVlag van Frankryk Frankryk
GewesBoergondië-Franche-Comté
DépartementYonne
ArrondissementAvallon
KantonChablis
Regering
  BurgemeesterMichel Gchweinder
Oppervlak
  Totaal7,41 km2 (2,86 vk. myl)
Hoogte
199–305 m (653–1 001 ft)
Bevolking
  Totaal195
  Digtheid26/km2 (70/vk. myl)
Poskode
89420
Skakelkodes89267
Webwerfmontreal-en-bourgogne.com

Geografie

Montréal is op 'n heuwel bo-oor die Sereinrivier en sowat tien kilometer oos van Avallon geleë.

Geskiedenis

Die kapittelkerk (église collégiale)

Montréal pronk met 'n geskiedenis wat tot die 6de eeu teruggaan. Destyds het koningin Brunehilde hier gebly. Die dorp is in 888 deur Noormanne ingeneem. In die 11de eeu het die magtige Anséric-gesin Montréal oorheers. In die 13de eeu is die dorp versterk. Op die heuwel van Montréal het destyds ook 'n kapittelkerk ontstaan.

Koning Frans I van Frankryk het 'n tyd lank in Montréal gebly. Die kasteel en versterkings van die dorp is later op bevel van koning Hendrik IV van Frankryk afgebreek.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.