Montebello

Montebello is 'n dorp in Quebec, Oos-Kanada met sowat 978 inwoners (2011).

Montebello
Dorp
Wapen van Montebello
Wapen
Montebello is in Quebec
Montebello
Montebello
Koördinate: 45°39′00″N 74°56′00″W
LandVlag van Kanada Kanada
ProvinsieQuebec
RegionOutaouais
Regionale CountyPapineau
Stigting1801
Stadstatus29 Augustus 1878
Regering
  BurgemeesterPierre Bertrand
Oppervlak
  Totaal10,5 km2 (4,05 vk. myl)
  Land8,36 km2 (3,23 vk. myl)
Bevolking
  Totaal978
  Digtheid117/km2 (303/vk. myl)
TydsoneUTC-05:00 (EST)
  SomertydUTC-04:00 (EDT)
Poskode
J0V 1L0
Skakelkodes819
Webwerfville.montebello.qc.ca
Parc Oméga naby Montebello

Die dorp het twee besienswaardighede: Die Louis-Joseph Papineau-herehuis in die Normandiese styl met vier torings en die Château Montebello-hotel (die Ekonomiese Spitsberaad van Wêreldleiers het hier in 1981 plaasgevind).

Die hotel, wat in 1930 geopen is, is die grootste blokhuis wêreldwyd, en sowat 10 000 sederhoutstamme is gebruik om dit op te rig. Oorspronklik het dit as 'n luukse klub vir 'n klein sirkel van sakemanne en politieke leiers gedien. Toe die Canadian Pacific-hotelgroep dit in 1970 gekoop, het ook gewone toeriste vir die eerste keer die geleentheid gekry om hier te oornag.

Die Château Montebello beskik oor 210 luukse kamers, gholfbane en 'n swembad. Gedurende die koue wintermaande kan gaste in die groot ontvangskamer ontspan vanwaar 'n reusagtige vuurplek die hele hotel verwarm.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.