Montclare

Montclare is 'n voorstad of township van Johannesburg, 10 km wes van die stadsaal. Dit bestaan uit net vyf straatblokke.

Montclare
Montclare is in Gauteng
Montclare
Montclare
 Montclare se ligging in Gauteng
Koördinate: 26°10′40″S 27°57′30″O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieGauteng
MunisipaliteitStad Johannesburg
HoofplekJohannesburg
Oppervlak
  Totaal0,08 km2 (0,03 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal963
  Digtheid12 038/km2 (31 180/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense37,2%
  Indiërs/Asiërs0,6%
  Bruin mense22,1%
  Swart mense39,5%
  Ander0,6%
Taal (2011)
  Afrikaans 41,5%
  Engels 19,9%
  Tswana 16,9%
  Zoeloe 5,5%
  Ander 16,1%

Dit grens in die suide en weste aan Claremont, in die noorde en ooste aan Newlands. Dis blykbaar uitgelê op die mees suidelike deel van die plaas Waterval en genoem na die Montclare-behuisingskema. Die naam is die omgekeerde van Claremont, Frans vir "mooi berg".

Bronne

  • (en) Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers.

Verwysings

  1. "Subplek Montclare". Sensus 2011.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.