Monisme
Monisme is ’n filosofiese denkrigting wat een beginsel, soos bestaan, aanvaar as die oorsprong van alle dinge en daaraan ’n "alleenheid" of uniekheid (Grieks: μόνος) toeken. Verskeie soorte monisme kan onderskei word:
- Volgens prioriteitsmonisme kom alle bestaande dinge van ’n bron wat afsonderlik van hulle is, soos "die Een" in Neoplatonisme.[1] Hiervolgens is net een ding ontologies basies of gaan dit alles vooraf.
- Bestaansmonisme leer daar bestaan streng gesproke net een ding, die heelal, wat bloot kunsmatig en arbitrêr in baie dinge verdeel kan word.[2]
- Volgens materiemonisme kan ’n verskeidenheid bestaande dinge verduidelik word aan die hand van ’n enkele beginsel of wesentlikheid.[3] Daar bestaan dus net een soort ding, soos materie, maar baie dinge kan van dié ding gemaak wees.
- Dubbelaspekmonisme is die siening dat die geestelike en fisieke twee aspekte van, of perspektiewe op, dieselfde beginsel is.
Definisies
Daar is twee soorte definisies van monisme:
- Die breër definisie: ’n Filosofie is monisties as dit eenheid van die oorsprong van alle dinge aanvaar; alle bestaande dinge kom van ’n bron wat afsonderlik van hulle is.[1]
- Die enger definisie: Dit vereis nie net eenheid van oorsprong nie, maar ook eenheid van materie en essensie.[1]
Die term "monisme" is ook al gebruik om godsdienstige tradisies te beskryf. In Hindoeïsme word die term "absolute monisme" gebruik vir Advaita Vedanta.[4][5]
Verwysings
- Brugger 1972.
- Strawson, G. (2014): "Nietzsche's metaphysics?". In: Dries, M. & Kail, P. (reds): "Nietzsche on Mind and Nature". Oxford University Press. PDF
- Cross & Livingstone 1974.
- Chande 2000, p. 277.
- Dasgupta 1992, p. 70.
Bronne
- Brugger, Walter (red.) (1972), Diccionario de Filosofía, Barcelona: Herder, art. dualismo, monismo, pluralismo
- Chande, M.B. (2000), Indian Philosophy In Modern Times, Atlantic Publishers & Dist
- Cross, F.L.; Livingstone, E.A. (1974), The Oxford Dictionary of the Christian Church, OUP, art. monism
- Dasgupta, Surendranath (1992), A history of Indian philosophy part 1, Motilall Banarsidass
Skakels
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.