Monique Steyn
Monique Steyn is 'n Afrikaanse sangeres en klavierspeler. Tydens die eerste Suid-Afrikaanse Idols-seisoen het sy onder die top-50 deelnemers geëindig. Haar debuutalbum, Ek val vir jou is in 2010 uitgereik. Haar debuutliedjie Sê My Hoe is ook op die CD Die Grootste Afrikaanse Sokkie Vol. 7 asook op die DVD 30 Goue Sokkie Treffers beskikbaar.
Monique Steyn (voorheen MoniQue) | |
---|---|
Oorsprong | Pretoria |
Genres | Afrikaans/Pop |
Beroep(e) | Sangeres |
Instrumente | Stem, klavier |
Jare aktief | 2009 – nou |
Etikette | Select Musiek |
Webwerf |
Monique was die mentor van Wilha Carstens en Demi Lee Moore in die realiteitsmusiekkompetisie Die Kontrak op VIA op DStv. Wilha het uitgeval, maar Demi-Lee het gewen en die kontrak van 'n miljoen rand wat op die uiteindelike wenner gewag het, losgeslaan.
Diskografie
- Ek val vir jou (2010)
- Pienk Champagne (2011)
- Mosaïek (2017)
Sien ook
Eksterne skakels
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.