Momentum

In fisika is die momentum van 'n voorwerp die produk van die voorwerp se massa en sy snelheid en word gemeet in die SI-stelsel eenhede kg.m/s.

Die momentum van die wit bal word aan die ander balle oorgedra.

Dit gee 'n aanduiding van hoe moeilik 'n rustende voorwerp in beweging gebring kan word, of 'n bewegende voorwerp tot stilstand gebring kan word.

Die behoud van momentum kan afgelei word van Newton se bewegingswette. Dit beteken dat 'n bewegende voorwerp sy momentum behou tensy 'n krag op die voorwerp inwerk.

Momentum is 'n Vektor.

Kyk ook

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.