Mohs se hardheidskaal

Mohs se hardheidskaal is 'n skaal van 1 tot 10 wat die relatiewe hardheid van 'n mineraal aandui. Die skaal karakteriseer die krapweerstand van verskeie minerale deur hulle vermoë om ander sagter materiale te krap. Dit is ontwikkel deur die Duitse mineraloog Friedrich Mohs en is een van verskeie definisies van hardheid in materiaalkunde.

Gedenkplaat vir Friedrich Mohs in Wenen, Oostenryk.

Mohs se skaal is gebaseer op tien maklik bekombare minerale. Materiale word gekenmerk teen die skaal deur die hardste materiaal te vind wat hulle kan krap.

Die tabel hieronder gee vergelykings met absolute hardheid soos gemeet met 'n hardheidsmeter. Mohs se skaal is 'n suiwer ordinale skaal aangesien korund byvoorbeeld byna dubbel so hard is as topaas terwyl diamant byna vier keer harder is as korund.

Hardheid Mineraal Absolute Hardheid
1Talk

(Mg3Si4O10(OH)2)

1
2 Gips (CaSO4·2H2O) 3
3 Kalsiet (CaCO3) 9
4 Fluoriet (CaF2) 21
5Apatiet

(Ca5(PO4)3(OH-,Cl-,F-))

48
6 Ortoklase Veldspaat (KAlSi3O8) 72
7 Kwarts (SiO2) 100
8Topaas

(Al2SiO4(OH-,F-)2)

200
9 Korund (Al2O3) 400
10Diamant (C) 1500

'n Alternatiewe tabel hieronder is beskikbaar om vir addisionele stowwe voorsiening te maak wat tussen die twee vlakke mag val.

Hardheid Mineraal
1Grafiet
2Gips
3Kalsiet
4Fluoriet
5Apatiet
6Ortoklase veldspaat
7Kwartsglas silika
8Kwarts
9Topaas
10Granaat
11Versmelte sirkonia
12Versmelte aluminiumoksied
13Silikonkarbied
14Boorkarbied
15Diamant
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.