Moggel

Die Moggel (Labeo umbratus) is 'n varswatervis wat voorkom in die Oranje-, Vaal-, Gourits-, Gamtoos-, Sondags-, Groot-Vis- en Boesmansrivier-stelsels. In Engels staan die vis ook bekend as die Moggel.

Moggel
Geteken deur Johannes Schumacher (1779)
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
(Cuvier, 1817)
Spesie:
L. umbratus
Binomiale naam
Labeo umbratus
(A. Smith, 1841)

Voorkoms

Die vis het 'n ronde, vlesige kop met 'n klein mond waaraan twee pare baard vas is. Die vis is grys met 'n pienk en roomkleurige skakering en is wit aan die onderkant. Die vis word tot 500 mm lank en die Suid-Afrikaanse hengelrekord is 2.853 kg.

Habitat

Die vis leef in stilstaande of stadigvloeiende water en floreer in vlak water en plaasdamme. Hulle vreet onder andere detritus en broei in die somer.

Broeiwyse

Die wyfies migreer stroomop na geskikte broeiplekke by grasbanke in riviere of in vlak, rotsagtige dele van die rivier. Hier lĂȘ sy 250,000 eiers wat sowat veertig uur later uitbroei. Die larwes swem herhaaldelik na die oppervlak en word deur die stroom na dieper water gedra. Die jong vissies groei vinning en is na een jaar reeds 100 mm lank. Na 2 - 3 jaar bereik die mannetjies volwassenheid en is sowat 150 mm lank; die wyfies bereik volwassenheid wanneer hulle sowat 250 mm lank is. Die spesie kan 5 - 6 jaar oud word.

Sien ook

Bron

  • Skelton, Paul: A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa.. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1

Eksterne skakel

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.