Mogalakwenarivier

Die Mogalakwenarivier is 'n belangrike takrivier van die Limpoporivier in die noordweste van Limpopo, Suid-Afrika. Die naam van die rivier beteken "kwaai krokodil" in Noord-Sotho (bogale of mogale beteken 'kwaai', en kwena, 'krokodil'). Die opvanggebied van die Mogalakwena word op 20 248 km2 geskat.[1] In sy boloop staan dit as die Nylrivier bekend. Hier vloei dit vir sowat 80 km noordooswaarts, tussen die Waterberg en Kranskop deur, en vorm 'n groot vloedvlakte wat deels deur die Nylsvley-natuurreservaat beskerm word. Noord van die vloedvlakte vloei dit noordwaarts en staan as die Mogalakwena bekend.

Die Klein-Mogalakwenarivier naby Marken, Limpopo, is 'n linkersytak van die Mogalakwena. Hier vloei dit nog in Maartmaand na 'n goeie reënjaar.
Mogalakwenarivier
Magalakwin
Sanderige bedding van die Mogalakwena in Junie, naby Magagamatala, Limpopo
Sanderige bedding van die Mogalakwena in Junie, naby Magagamatala, Limpopo
Sanderige bedding van die Mogalakwena in Junie, naby Magagamatala, Limpopo
Stroomgebied Limpopo, Suid-Afrika
Monding Limpoporivier
Oorsprong-hoogte 1 060 m
Monding-hoogte 634 m
Stroomgebiedopp. 20 248 km2
Ligging van Mogalakwenarivier op 'n kaart (Limpopo)
Mogalakwenarivier
Mogalakwenarivier
Koördinate: 22°27′24″S 28°55′25″O

Sytakke

Die Mothlakole, Dorps, Rooisloot, Groot Sandsloot, Witrivier, Sterk, Mokamole, Klein-Mogalakwena, Matlalane, Seepabana, Ga-Mamoleka, Pholotsi en Thwathwe is sommige van die Mogalakwena se sytakke.

Verwysings

Hierdie artikel is (gedeeltelik) vertaal uit die Engelse Wikipedia. Sien bron.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.