Modeweek

'n Modeweek is 'n geleentheid in die modebedryf wat ongeveer een week duur en waar modeontwerpers, handelsmerke of "huise" hul nuutste versamelings vertoon in modevertonings aan kopers en die media. Hierdie geleenthede beïnvloed tendense vir die huidige en komende seisoene.

Karmen Pedaru wat modelwerk doen vir Michael Kors by die Lente/Somer New York Modeweek 2013.

Die mees prominente modeweke word in die "modehoofstede" van die wêreld gehou: New York, Londen, Milaan, en Parys, oftewel die "Groot Vier", wat die meeste persdekking ontvang.

Namate die modetoneel meer multipolêr word in die 21ste eeu, bied ander sentrums soos Shanghai, Hong Kong, Sydney, São Paulo, Beijing, Singapore, Seoul, Berlyn, Doebai, Los Angeles, Madrid, Monaco, Rome, Taipei, Vancouver, Kopenhagen, Toronto, Johannesburg en Tokio ook modeweke aan.[1]

Verwysings

  1. "The big four fashion capitals of the world". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Oktober 2014. Besoek op 29 Oktober 2020.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.