Mochokidae
Mochokidae (Skreeubabers en Suierbekkies) is 'n vis familie van die orde Siluriformes wat slegs voorkom in Afrika en is ook die grootste baber familie in Afrika met tien genera en ongeveer 170 spesies. Kenmerkend van die orde is komplekse bekke en sterk stekels in die dorsale en pektorale vinne. Daar kom twee genera met 17 spesies voor in Suider-Afrika.
Mochokidae | |
---|---|
![]() | |
Synodontis njassae | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | Mochokidae D. S. Jordan, 1923 |
Genera | |
Acanthocleithron |
Genera
Die volgende genera en gepaardgaande spesies is deel van die familie:
- Chiloglanis anoterus - Wimpelstert-suierbekkie
- Chiloglanis bifurcus - Inkomati-suierbekkie
- Chiloglanis emarginatus - Phongolo-suierbekkie
- Chiloglanis fasciatus - Okavango-suierbekkie
- Chiloglanis neumanni - Zambezi-suierbekkie
- Chiloglanis paratus - Saagvin-suierbekkie
- Chiloglanis pretoriae - Kortstekel-suierbekkie
- Chiloglanis swierstrai - Laeveldse suierbekkie
- Synodontis leopardinus - Luiperdkol-skreeubaber
- Synodontis macrostigma - Grootvlek-skreeubaber
- Synodontis macrostoma - Grootbek-skreeubaber
- Synodontis nebulosus - Newelrige skreeubaber
- Synodontis nigromaculatus - Spikkel-skreeubaber
- Synodontis thamalakanensis - Borrelbaard-skreeubaber
- Synodontis vanderwaali - Fyntand-skreeubaber
- Synodontis woosnami - Bo-Zambezi-skreeubaber
- Synodontis zambezensis - Bruinskreeubaber
Sien ook
Bron
- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1
Verwysings
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.