Mkuzerivier

Die Mkuzerivier (ook Mkhuzerivier, uMkhuzerivier) is 'n standhoudende rivier wat in die noorde van KwaZulu-Natal in Suid-Afrika vloei.

Mkuzerivier
Stroomgebied KwaZulu-Natal, Suid-Afrika
Oorsprong 25 km oos van Vryheid, KwaZulu-Natal
Monding St. Luciameer, KwaZulu-Natal, Suid-Afrika
Indiese Oseaan
Lengte 100 km
Oorsprong-hoogte 1 500 m
Monding-hoogte 2 m
Stroomgebiedopp. 5 000 km²
Ligging van Mkuzerivier op 'n kaart (Suid-Afrika)
Mkuzerivier
Mkuzerivier
Koördinate: 27°52′55.31″S 32°28′56.5″O

Hierdie rivier ontspring 25 km oos van Vryheid op 'n hoogte van 1500 m bo seespieël. Dit vloei ooswaarts deur die Amakhosi-natuurreservaat, oor die Mkhuze-waterval, verby die dorp Mkhuze, deur die Lebomboberge en die noordelike dele van die Mkhuzi-natuurreservaat en die iSimangaliso-vleilandpark. Daarna mond dit uit in die St. Luciameer by koördinate 27°52′55.31″S 32°28′56.5″O.

Net wes van die dorp Mkhuze en by die Mkhuze-waterval is daar besproeiingskanale. Op die oewers word met suikerriet geboer.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.