Mitsubishi Ki-67
Die Mitsubishi Ki-67 was 'n tweemotorige Japannese bomwerper van die Tweede Wêreldoorlog. Die vliegtuig is ontwerp deur dr. Hisanojo Ozawa, hy het die ontwerp in 1941 begin na aanleiding van spesifikasie wat uitgereik is deur die Japannese Leërlugmag. Die eerste prototipe het aan die begin van 1943 gevlieg en vyftien Ki-67 was teen die einde van dié jaar voltooi.
Mitsubishi Ki-67 | |
---|---|
Tipe | Bomwerper |
Vervaardiger | Mitsubishi |
Ontwerp deur | Dr. Hisanojo Ozawa |
Nooiensvlug | 1943 |
Status | Onttrek aan militêre diens |
Hoofgebruiker | Japannese Leërlugmag |
Tegniese besonderhede
Item | Statistiek |
---|---|
Aantal motors | 2 |
Tipe motor | Skroef |
Vervaardiger | Mitsubishi Ha-104 stermotor |
Kraglewering per motor | 1 900 perdekrag |
Vlerkspan | 22,50 m |
Lengte | 18,70 m |
Hoogte | 5,60 m |
Maks. opstygmassa | 13 765 kg |
Maks. snelheid | 537 km/h op 6 090 m |
Operasionele hoogte | 9 470 m |
Togafstand | 2 800 km |
Bewapening | Een 20.0 mm masjiengeweer in dorsale skiettoring, vier 12.7 mm Tipe 1 masjiengewere in neus, stert en sye |
Bomvrag | 800 kg |
Bron
- Bombers 1939–1945 Kenneth Munson, Bounty Books 2012 ISBN 978-0-7537-2172-8
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.