Minorka

Minorka (Katalaans: Menorca [məˈnɔrkə]; Spaans: Menorca [meˈnorka]; vanaf Latyn: Insula Minor "kleiner eiland", later Minorica "die kleiner een", in vergelyking met Mallorca "die groter een") is 'n Spaanse eiland in die Middellandse See en is die tweede grootste eiland van die Baleariese Eilande. Dit is ongeveer 40 km noordoos van Majorka en het 'n oppervlakte van 695,7 km².

Minorka
Inheemse naam: Menorca

Nasa-Satellietbeeld van Minorka
Geografie
LiggingSpanje, Baleariese Eilande, Middellandse See
Koördinate39°58′N 4°05′O
ArgipelBaleariese Eilande
Totale eilande5
HoofeilandeBaleariese Eilande
Oppervlakte695,7 vk. km
Hoogste puntEl Toro 358 m
Administrasie
 Spanje
Outonome gewes Baleariese Eilande

HoofstadMahón
Grootste stadMahón (29 321)

Demografie
Bevolking94 383
BevolkingsgroepeSpanjaarde, Katalane
Tweede grootste van die Baleariese Eilande

Geografie

Die eiland is 48 km lank en 16 km breed, en geologies stem dit ooreen met Majorka. Dit is in wese 'n rotsagtige tafelblad met hoë rotsafgronde waar dit aan die see grens.

Landbou en vissery is die hoofbron van inkomste.

Sien ook

Bron

  • Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 15, Bladsy 695.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.