Min

Min (Vereenvoudigde Chinees: 闽语, Tradisionele Chinees: 閩語, pinyin: Mǐnyǔ, letterlik: "Min-taal") is 'n Sino-Tibettaanse taal of 'n dialek van Chinees wat in die Volksrepubliek China, die omstrede Republiek van China op Taiwan, Singapoer en deur Chinese oorsese gemeenskappe in Indonesië, Broenei, Filippyne, Maleisië, Mianmar, Thailand, Kambodja en Laos gepraat word. Die taal het sowat 60 miljoen sprekers en is daarmee die vierde mees verspreide dialek van Chinees naas Mandaryns, Wu en Kantonees. Dit word veral in die Suidoos-Chinese provinsies Fujian, Guangdong, Hainan, Zhejiang en Jiangsu gepraat.

Min
闽语/閩語
Mǐnyǔ
Gepraat in:  Volksrepubliek China
 Republiek van China
 Singapoer
 Indonesië
 Broenei
 Filippyne
 Maleisië
 Mianmar
 Thailand
 Kambodja
 Laos 
Gebied: Fujian, Guangdong, Hainan, Zhejiang, Jiangsu, Taiwan
Totale sprekers: 60 miljoen
Taalfamilie: Sino-Tibettaans
 Chinees
  Min 
Skrifstelsel: Chinese karakters
Taalkodes
ISO 639-1: zh
ISO 639-2: chi/zho
ISO 639-3: mclr 
Die woord Mǐnyǔ ("Min-taal") geskryf in Tradisionele Chinese (links) en Vereenvoudigde Chinese (regs) karakters

Soos die ander Chinese tale word Min met Chinese karakters geskryf.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.