Millennium

'n Millennium (meervoud: millennia) is 'n tydperk van 'n duisend (1000) jaar. Die woord millennium is van twee Latynse woorde afgelei: "mille", duisend" en "annum", jaar.

'n Millennium begin in 'n kalenderjaar waarvan die jaartal op 001 eindig, en dit eindig in 'n kalenderjaar waarvan die jaartal op 000 eindig (byvoorbeeld 1001 tot en met 2000). Omdat die Christelike kalender, net soos alle kalenders, met die jaar een begin, is daar nie 'n jaar nul nie.

Die eerste millennium n.C. het op 0001-01-01 om 00:00 begin en op 1000-12-31 om 24:00 geƫindig. Die 2de millennium n.C. strek vanaf 1001-01-01 om 00:00 tot 2000-12-31 om 24:00. Ons leef tans in die 3de millennium n.C.

Sien ook

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.