Milion
Die Milion (Grieks: Μίλ(λ)ιον) was ’n mylmerker-monument in die vroeë 4de eeu in Konstantinopel (die huidige Istanboel in Turkye). Dit was die plek van waar alle plekke in die Bisantynse Ryk gemeet is en het dieselfde funksie gehad as die Milliarium Aureum van Rome. Dit het behoue gebly tot minstens die 15de eeu. Dele daarvan is in die 1960's herontdek.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.