Mike Procter
Michael John Procter (15 September 1946 – 17 Februarie 2024)[2][3] was 'n Suid-Afrikaanse krieketspeler. Hy was 'n snelbouler en 'n gedugte kolwer en het homself as 'n kolossale mededinger in Engelse eersterangse krieket bewys. Hy is grootliks van die internasionale verhoog weggehou weens Suid-Afrika se isolasie uit wêreldkrieket in die 1970's en 1980's. Hy was 'n Wisden-krieketspeler van die jaar in 1970 en Suid-Afrikaanse krieketspeler van die jaar in 1967. Hy het die Proteas afgerig tydens die Krieketwêreldbeker 1992.
Mike Procter | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Mike Procter se 1981-boek oor sy loopbaan en die stand van krieket.[1] | ||||||
Volle naam | Michael John Procter | |||||
Gebore | Durban, Natal, Unie van Suid-Afrika | 15 September 1956|||||
Gesterf | 17 Februarie 2024 (op 67) Durban, KwaZulu-Natal, Suid-Afrika | |||||
Bynaam(e) | Prock, Procky | |||||
Kolfstyl | Regshandig | |||||
Boulstyl | Snelbouler | |||||
Rol | Veelsydig | |||||
Familie | Woodrow Procter (vader) Anthony Procter (broer) Andrew Procter (neef) | |||||
Internasionale geskiedenis | ||||||
Nasionale span | Suid-Afrika | |||||
Toetsdebuut (no 228) | 20 Januarie 1967 v Australië | |||||
Laaste Toets | 5 Maart 1970 v Australië | |||||
Eersterangse spaninligting | ||||||
Jaar(e) | Span | |||||
1965–1981 | Gloucestershire | |||||
1965/66–1988/89 | Natal | |||||
1969/70 | Westelike Provinsie | |||||
1970/71–1975/76 | Rhodesië | |||||
1987/88 | Oranje-Vrystaat | |||||
Skeidsregter-inligting | ||||||
Toetse gestaan | 47 (2002–2008) | |||||
EDI's gestaan | 162 (2002–2008) | |||||
T20I's gestaan | 15 (2006–2008) | |||||
Loopbaanstatistiek | ||||||
Kompetisie | Toetse | 1e rang | A-lys | |||
Wedstryde | 7 | 401 | 271 | |||
Lopies aangeteken | 226 | 21936 | 6624 | |||
Kolfgemiddeld | 25.11 | 36.01 | 27.94 | |||
100s/50s | 0/0 | 48/109 | 5/36 | |||
Hoogste telling | 48 | 254 | 154* | |||
Aflewerings geboul | 1514 | 65458 | 12347 | |||
Paaltjies | 41 | 1417 | 344 | |||
Boulgemiddeld | 15.02 | 19.53 | 18.76 | |||
5 paaltjies in 'n kolfbeurt | 1 | 70 | 7 | |||
10 paaltjies in 'n wedstryd | 0 | 15 | 0 | |||
Beste boulontleding | 6/73 | 9/71 | 6/13 | |||
Vangskote/Stonkings | 4/– | 325/– | 91/– | |||
Bron: ESPNcricinfo, 22 Februarie 2024 |
Na sy uittrede uit die spel is Procter as 'n wedstrydskeidsregter deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangestel vir krieketwedstryde. Sy ampstermyn is egter gekenmerk deur kontroversies.
Verwysings
- (en) Mike Procter (1981). Mike Procter and Cricket. Londen: Pelham Books. ISBN 0-7207-1326-9. Besoek op 22 Februarie 2024.
- (en) John Bishop (17 Februarie 2024). "Mike Procter, SA cricket legend and Proteas' first post-isolation coach, dies at 77". Nuus24. Besoek op 22 Februarie 2024.
- (af) "Huldeblyke vir 'krieketreus' Procter". Maroela Media. 17 Februarie 2024. Besoek op 22 Februarie 2024.
Eksterne skakels
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.