Miga
Miga is die 33ste boek in die kanon van Hebreeuse Geskrifte wat as die Ou Testament in die Bybel opgeneem is. Hierdie boek is die sesde van die sogenaamde twaalf Klein Profete. Net soos sy tydgenoot Jesaja het Miga in Juda verkondig dat die Here sal oordeel en red. Hoogtepunte is die gedeelte oor die algehele vrede onder die heerskappy van God en vers 6:8 waarin God se eise vir sy volk opgesom word.
Bron
- Die Bybel: Nuwe vertaling (Bybelgenootskap van Suid-Afrika)
Eksterne skakels
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Miga.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.