Miemsie Retief
Miemsie Heckroodt (née Retief) is 'n Afrikaanse aktrise en skilder. Sy was aanvanklik 'n deeltydse model en maak later haar debuut in 1959 in die rolprent Nooi van my hart. Sy is destyds as die Suid-Afrikaanse Marilyn Monroe bestempel vanweë haar blonde hare en fietse lyfie.[1][2]
Miemsie Heckroodt | |
Geboortenaam | Miemsie Retief |
---|---|
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Aktrise |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Sy is met Fil Heckroodt, 'n destydse direkteur van regsdienste by die SAUK getroud. Hulle woon tans in Aucklandpark in Johannesburg.
Filmografie
- Nooi van my hart, 1959
- Piet se tante, 1959
- Oupa en die Plaasnooientjie, 1960
Verwysings
- Vandag leef Miemsie net vir haar kuns, Beeld, 7 Mei 1990.
- Artikel in Beeld[dooie skakel], Beeld, 7 Mei 1990.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.