Miems de Bruyn
Miems de Bruyn (6 Mei 1922 - 14 April 2010) was 'n bekende Afrikaanse aktrise, radiopersoonlikheid en stemkunstenaar.
Miems de Bruyn | |
Geboorte | 6 Mei 1922 |
---|---|
Sterfte | 14 April 2010 (op 87) |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Aktrise |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Sy het bekendheid verwerf met haar rol as Tant Kriekie in Nommer Asseblief!, een van die eerste Afrikaanse sitkoms, wat in die 1970's uitgesaai is. Sy was ook in 7de Laan te sien waar sy die rol van Tannie Ans Rademan gespeel het. In Maart 2010 is sy deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir haar teater- en televisiewerk vereer.[1]
De Bruyn is op 14 April 2010 op 87-jarige ouderdom aan maagkanker oorlede[2] Sy laat 4 dogters en 9 kleinkinders agter. Sy het ses maande voor haar dood nog in haar laaste rolprent, Swanesang, die rol van 'n sterwende vrou vertolk.[3]
Filmografie en TV-optredes
- Swanesang (rolprent)
- Binnelanders, kykNET
- Sewende laan as Tannie Rademan
- Lyklollery, 2001
- Liewe Hemel, Genis!, 1987 as Johanna, Genis se vrou
- Nommer asseblief (1979) as Tant Kriekie[4]
Verwysings
- Miems de Bruyn vier 86ste verjaardag Geargiveer 18 April 2010 op Wayback Machine, Die Burger, 6 Mei 2008.
- Miems de Bruyn sterf na kankerstryd[dooie skakel], ofm.co.za, besoek op 14 April 2010.
- Miems speel sterwende vrou in haar heel laaste rolprent, Beeld, 18 April 2010.
- Miems de Bruyn in die Internet-rolprentdatabasis
Eksterne skakels
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.