Middelfontein (plaas)

Middelfontein was een van die plase waarop Johannesburg aangelê is.

Die grense van die plaas Middelfontein, 1929.
Die voorstede wat (deels) op die plaas Middelfontein aangelê is, het vroeër 'n groot Afrikaanse bevolking gehad, maar sedert omstreeks 1990 het dit skerp afgeneem wat die einde van talle Afrikaanse skole en kerke beteken het, soos die NG gemeente Johannesburg-Wes in Indrastraat, Mayfair-Wes.

Die plaas is opgemeet in die vorm van 'n langwerpige driehoek, sowat 5 km van oos na wes en minder as 1 km op sy breedste punt van suid na noord. Die plase wat daaraan gegrens het, was Langlaagte in die suide, Waterval in die weste, Braamfontein in die noorde en die uiterste punt in die ooste aan Turffontein.

Blykbaar is geen voorstad geheel en al op Middelfontein aangelê nie, maar wel gedeeltes van Coronationville, Hurst Hill, Crosby, Mayfair en Mayfair-Wes. Volgens die opgawes van munisipale kiesers tussen die jare 1934 en 1961 het die voorstede van die grootste Afrikaanse bevolkings in Johannesburg gehad:

193419491961
AfrikaansEngelsAfrikaansEngelsAfrikaansEngels
Crosby17982822791283
Hurst Hill222364675355476
Mayfair125039125949460555103945

Bronne

  • (en) Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers.
  • (af) Stals, prof. dr. E.L.P (red.). 1978. Afrikaners in die Goudstad. Deel 1. 1886 - 1924. Kaapstad en Pretoria: HAUM.

Verwysings

    This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.