Middel-Europese Tyd

Middel-Europese Tyd (MET) (Engels: CET vir Central European Time) is 'n tydsone wat een uur voor UTC is (UTC+1). Die meeste Europese lande val in hierdie tydsone. In die somer skakel hierdie lande oor na MEST, Middel-Europese Somertyd, UTC+2 (in Engels CEST, Central European Summer Time).

Tydsones van Europa:
blou Wes-Europese Tyd (UTC+0)
Wes-Europese Somertyd (UTC+1)
ligblou Wes-Europese Tyd (UTC+0)
rooi Middel-Europese Tyd (UTC+1)
Middel-Europese Somertyd (UTC+2)
geel Oos-Europese Tyd / Kaliningrad-tyd (UTC+2)
beige Oos-Europese Tyd (UTC+2)
Oos-Europese Somertyd (UTC+3)
groen Moskoutyd (UTC+3)
Ligter kleure toon lande met somertyd.

Die teoretiese sone van Midde-Europese Tyd loop vanaf 7,5° oosterlengte tot 22,5° oosterlengte.

Die lande wat MET gebruik is:

Lande buite die geografiese MET

Europese lande wat Middel-Europese Tyd gebruik, maar geografies in die Wes-Europese Tydsone lê is:

In Mei 1940 word Middel-Europese Tyd in Nederland, België, Luxemburg en Frankryk deur die Duitse besetting ingevoer. Na die besetting word die situasie gehandhaaf. Spanje gebruik MET sedert 1946.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.