Micheil Saakasjwili
Micheil Saakasjwili (Georgies: მიხეილ სააკაშვილი [mɪχɛɪl sɑɑkʼɑʃvɪlɪ]; Oekraïns: Міхеїл Саакашвілі; gebore 21 Desember 1967) is ‘n Georgiese en Oekraïens politikus en regsgeleerde.[2][3] Hy was die derde president van Georgië vir twee opeenvolgende termyne van 25 Januarie 2004 tot 17 November 2013 (met 'n kort onderbreking in die winter van 2007 tot vroeg 2008). Van Mei 2015 tot November 2016 was Saakashvili die goewerneur van Oekraïne se Odesa-oblast.[4] Hy is die stigter en voormalige voorsitter van die Verenigde Nasionale Beweging. Saakashvili staan sedert 7 Mei 2020 aan die hoof van die uitvoerende komitee van die Oekraïne se Nasionale Hervormingsraad.[5] Hy dien tans 'n tronkstraf uit in Georgië vir magsmisbruik en die organisasie van 'n ernstige liggaamlike besering van 'n opposisie-LP.[6]
Micheil Saakasjwili | |
Micheil Saakasjwili in 2008 | |
Goewerneur van die Odessa-oblast | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 30 Mei 2015[1] | |
President | Petro Porosjenko |
---|---|
Eerste minister | Arseni Jatsiënjoek |
Voorafgegaan deur | Ihor Palytsia |
3de president van Georgië | |
Ampstermyn 20 Januarie 2008 – 17 November 2013 | |
Eerste minister | Lado Gurgenidze Grigol Mgaloblisjwili Nika Gilauri Vano Merabisjwili Bidzina Iwanisjwili |
Voorafgegaan deur | Nino Burjanadze (waarnemend) |
Opgevolg deur | Giorgi Margwelasjwili |
Ampstermyn 25 Januarie 2004 – 25 November 2007 | |
Eerste minister | Zurab Zhvania Zurab Noghaideli Lado Gurgenidze |
Voorafgegaan deur | Nino Burjanadze (waarnemend) |
Opgevolg deur | Nino Burjanadze (waarnemend) |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 21 Desember 1967 Tbilisi, Georgiese SSR, Sowjetunie (tans Georgië) |
Politieke party | Verenigde Nasionale Beweging |
Eggenoot/-note | Sandra E. Roelofs |
Kind(ers) | Eduard en Nikoloz |
Alma mater | Nasionale Universiteit van Kijif Columbia-universiteit George Washington Universiteit Internasionale Instituut van Menseregte Universiteit van die Distrik van Columbia |
Religie | Georgies-Ortodoks |
Handtekening |
Politieke loopbaan
Saakasjwili was namens sy party, die Verenigde Nasionale Beweging, die opposisieleier in Georgië gedurende die Roosrewolusie in November 2003, waartydens president Edward Sjewardnadze tot uittrede gedwing is. Op 4 Januarie 2004 wen hy die presidentsverkiesing en op 25 Januarie van dieselfde jaar word hy as president ingehuldig.
Sedert hy in 2004 aan die bewind gekom het, het Saakasjwili sterk na die Weste gevry in ruil vir gesofistikeerde wapentuig en opleiding vir sy weermag. Onder sy bevel het hulle die betwiste streek Suid-Ossetië in 2008 binnegeval, nadat dit in die vroeë jare negentig van Georgië weggebreek het. Rusland het egter die gebied suksesvol verdedig en Georgië se troepe moes noodgedwonge onttrek.[7]
Saakasjwili is bekend vir sy fel uitsprake, wat nie altyd die gewenste resultate lewer nie. Hy het van geboorte die Russiese voornaam "Michail". Hy het vir 'n lang tyd ook self die voornaam gebruik.[8]
In Oktober 2021 is Saakashvili, wat sedert 2013 in ballingskap buite Georgië was, in hegtenis geneem nadat hy onwettig na sy land teruggekeer het. Hy het dit verdedig deur te sê hy is bereid om saam met sy landgenote in die land te veg.[9]
Verwysings
- (uk) Порошенко у суботу на Одещині представить Саакашвілі
- Ukraine Offers Saakashvili Post Of Deputy Prime Minister, RadioFreeEurope/RadioLiberty (22 April 2020).
-
- "Ex-Georgia leader vows to regain Ukrainian citizenship". Washington Post. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Julie 2021.
- "Ukraine President presents Saakashvili as new governor". Ukraine Today. 30 Mei 2015.
- Georgian Saakashvili quits as Ukraine Odessa governor, BBC News (7 November 2016).
- Mikheil Saakashvili appointed to spearhead reform drive in Ukraine, Financial Times (7 Mei 2020).
Georgian Ex-President Saakashvili to Get Ukraine Reform Role: Sources, New York Times (6 Mei 2020). - Statement of the Prosecution Service of Georgio, Prosecutor's Office of Georgia (1 Oktober 2021).
- Die boodskap: Gee pad voor – Rusland is terug[dooie skakel], Beeld, 15 Augustus 2008
- Die uitspraak van Micheil Saakasjvili op http://taal.vrt.be, wat Michail vroeër homself gebruik het aldus die VRT
- Géorgie: élections municipales au lendemain de l’arrestation de Mikheïl Saakachvili RFI[dooie skakel]
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Micheil Saakasjwili.
- (en) Micheil Saakasjwili op Facebook
- (en) Micheil Saakasjwili op YouTube