Michael du Plessis
Michael Josias du Plessis (gebore 4 November 1958) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse rugbyspeler.[1]
| |||||
Geboortedatum | 4 November 1958 | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboorteplek | Somerset-Oos, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 1,88 m | ||||
Massa | 87 kg | ||||
Skool | Gill-kollege, Somerset-Oos | ||||
Universiteit | Universiteit Stellenbosch | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Losskakel, senter | ||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
1982–1986, 1988–1989 1985 1987 1990–1992 |
Westelike Provinsie Noord-Transvaal Transvaal Oostelike Provinsie |
||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
1984-1989 | Suid-Afrika | 8 | (7) |
Spelerloopbaan
Du Plessis het vir die Westelike Provinsie, Noord-Transvaal, Transvaal, Oostelike Provinsie en die Springbokke gespeel. Hy het op 20 Oktober 1984 sy toetsbuiging teen die besoekende Suid-Amerikaanse Jaguars gemaak.[2] Hy het 8 wedstryde vir die Springbokke gespeel en een drie gedruk.
Rugbyfamilie
Du Plessis is die broer van Willie en Carel du Plessis, albei oud-Springbokke, en die pa van Daniël du Plessis.
Michael het in 'n rugbyfamilie grootgeword. Sy pa, Willie, het vir die Oostelike Provinsie en sy oupa (aan moederskant) vir Westelike Provinsie rugby gespeel. Sy broers Willie en Carel het altwee vir die Springbokke gespeel terwyl sy jonger broer, Jacques vir die Westelike- en Oostelike Provinsie rugby gespeel het. Carel, Willie en Michael het saam vir Westelike Provinsie in die Curriebekereindstryd van 1982 teen Noord-Transvaal gespeel. Die Westelike Provinsie het die wedstryd met 24-7 gewen.
Verwysings
- Scrum.com: Michael du Plessis
- van der Merwe, Floris (2007). Matieland is Rugbyland 1980-2006. Stellenbosch: Sun Press. p. 135. ISBN 978-1-920109-79-0.