Michael VIII Palaiologos

Michael VIII Palaiologos of Paleologus (Grieks: Μιχαὴλ Η΄ Παλαιολόγος, Mikhaēl VIII Palaiologos; 1223 - 11 Desember 1282) was van 1259 tot 1261 medekeiser van die Niceense Ryk en van 1261 tot met sy dood keiser van die Bisantynse Ryk.

Michael VIII Palaiologos
Keiser van die Bisantynse Ryk
Keiser van Nicea
’n Skildery van Michael VIII.
’n Skildery van Michael VIII.
Titel Keiser van die Bisantynse Ryk
Bewind 15 Augustus 1261 - 11 Desember 1282
Voorganger Baldwin II (Latynse Ryk)
Opvolger Andronikos II Palaiologos
Titel Keiser van Nicea
Bewind 1 Januarie 1259 - 15 Augustus 1261
Voorganger Johannes IV Laskaris
Gebore 1223
Oorlede 1 Desember 1282 (op 58)
Dinastie Palaiologos
Vader Andronikos Doukas Komnenos Palaiologos
Moeder Theodora Angelina Palaiologina
Vrou Theodora Palaiologina
Godsdiens Oosters-Ortodoks/Katoliek

Hy was die stigter van die Palaiologos-dinastie wat tot met die val van Konstantinopel in 1453 oor die Bisantynse Ryk regeer het.

Bewind

Johannes IV Laskaris van Nicea was net sewe jaar oud toe sy pa, Theodorus II, dood is en hy die troon geërf het. Sy regent was oorspronklik die burokraat George Mouzalon, maar hy is deur die adel vermoor en Michael, wat hulle leier was, het die pos oorgeneem. Kort daarna, op 1 Januarie 1259 het hy homself medekeiser gemaak.

In 1261 het hy Konstantinopel terugverower van die Rooms-Katolieke van die Vierde Kruistog wat die stad ingeneem en die Latynse Ryk gestig het. Hy het daarna die Niceense Ryk in ’n herstelde Bisantynse Ryk omskep.[1]

Tydens sy bewind is die Bisantynse mag herstel, onder meer die leër en vloot. Die stad is ook herstel en die bevolking het vergroot.[2]

Ná die verowering van Konstantinopel is Johannes IV in Nicea agtergelaat. Hy is op sy 11de verjaardag, 25 Desember 1261, in opdrag van Michael verblind.[3] Dit het hom ongeskik vir die troon gemaak en hy is verban en in ’n fort in Bithinië opgesluit. Hy het die res van sy lewe as ’n monnik onder die naam Joasaph[4] deurgebring.[5]

Michael het ook gou Johannes se susters met twee Italiaanse en ’n Bulgaarse adellike laat trou sodat hulle kinders nie ’n bedreiging vir sy eie kinders sou wees in die opvolging van die Bisantynse troon nie.

Verwysings

  1. Bartusis, Mark C. (1 Januarie 1997). The Late Byzantine Army. University of Pennsylvania Press. ISBN 978-0812216202.
  2. Geanakoplos, Deno John. "Michael VIII Palaeologus". Encyclopedia Britannica (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2020. Besoek op 22 Julie 2018.
  3. Hackel 2001, p. 71
  4. Donald M. Nicol, The Last Centuries of Byzantium, 1261–1453, 2de uitg. (Cambridge: University Press, 1993), p. 246
  5. Gharipour Mohammad. "Sacred Precincts: The Religious Architecture of Non-Muslim Communities Across the Islamic World" BRILL, 14 November 2014. ISBN 9004280227 p. 147

Bykomende bronne

  • Hackel, Sergei (2001). The Byzantine saint (2001 uitg.). St Vladimir's Seminary Press. ISBN 0-88141-202-3. {{cite book}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  • Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.