Mica
Mica is 'n klein dorpie in Limpopo, Suid-Afrika en is 32 km noordwes van Hoedspruit. Die dorp ontleen sy naam aan die groot mikaneerslae in die omgewing.
Mica | |
---|---|
Mica | |
Koördinate: 24°9′0″S 30°50′0″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Limpopo |
Distriksmunisipaliteit | Mopani |
Plaaslike Munisipaliteit | Maruleng |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Die dorpie lê aan die oewer van die Olifantsrivier, en word omring deur privaat natuurreservate.
Mika
Die kristalagtige pegmatietneerslae waaruit die mika ontgin word, kom in gordels van 3 tot 6 km breed voor. Gemaalde mika word as 'n smeermiddel, isoleermiddel en by die vervaardiging van sekere soorte verf gebruik.
Sien ook
Bron
- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.