Messier 98

Messier 98 of M98 (ook bekend as NGC 4192) is ’n oorgangspiraalsterrestelsel sowat 54,1 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Berenike se Hare. Dit is in 1781 deur Pierre Méchain ontdek saam met M99 en M100, en Charles Messier het dit in dieselfde jaar in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem. M98 het ’n blouverskuiwing en beweeg teen 140 km/s in ons rigting.[1]

Messier 98
Soort stelselOorgangspiraalsterrestelsel
SterrebeeldBerenike se Hare
TipeSAB(s)ab
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming12h 13m 48,3s
Deklinasie+14º 54' 01"
Skynmagnitude11
Besonderhede
Afstand (ligjaar)54,1 miljoen
Skynbare grootte 9,8 × 2,8 boogminute
Ander nameM98, NGC 4192, UGC 7231, PGC 39028
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Virgo-swerm

M98 behoort tot die Virgo-swerm, ’n groot, nabygeleë sterrestelselswerm.[2]

Verwysings

  1. "Nasa/IPAC Extragalactic Database". Results for Messier 98. Besoek op 18 November 2006.
  2. B. Binggeli, A. Sandage, G. A. Tammann (1985). "Studies of the Virgo Cluster. II – A catalog of 2096 galaxies in the Virgo Cluster area". Astronomical Journal. 90: 1681–1759. Bibcode:1985AJ.....90.1681B. doi:10.1086/113874.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.