Messier 59
Messier 59 of M59 (ook bekend as NGC 4621) is ’n elliptiese sterrestelsel in die sterrebeeld Maagd.
Messier 59 | ||||
Soort stelsel | Elliptiese sterrestelsel | |||
Sterrebeeld | Maagd | |||
Tipe | E5 | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 12h 42m 02,3s | |||
Deklinasie | +11º 38' 49" | |||
Skynmagnitude | 10,6 | |||
Besonderhede | ||||
Skynbare grootte | 5′,4 × 3′,7 | |||
Rooiverskuiwing | 410 ± 6 km/s | |||
Ander name | NGC 4621, UGC 7858, PGC 42628, GC 3155 | |||
|
Messier 59 is ’n lid van die Virgo-sterrestelselswerm. Hy en die nabygeleë sterrestelsel Messier 60 is albei in April 1779 deur Johann Gottfried Koehler ontdek terwyl hy ’n komeet in dieselfde deel van die lugruim bestudeer het.[1] Charles Messier het albei stelsels drie dae ná hul ontdekking in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.[1]
Verwysings
- K. G. Jones (1991). Messier's Nebulae and Star Clusters (2nd uitg.). Cambridge University Press. ISBN 0-521-37079-5.
Eksterne skakels
- SEDS: Messier 59
- Messier 59 op WikiSky: DSS2, SDSS, GALEX, IRAS, Hydrogen α, X-Ray, Astrophoto, Sky Map, Artikels en foto's
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Messier 59.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.