Messier 48

Messier 48 of M48 (ook bekend as NGC 2548) is ’n oop sterreswerm in die sterrebeeld Noordelike Waterslang. Dit is in 1771 deur Charles Messier ontdek en in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.

Messier 48
Soort stelselOop sterreswerm
SterrebeeldNoordelike Waterslang
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming08h 13,7m
Deklinasie-05º 45'
Skynmagnitude5,5
Besonderhede
Afstand (ligjaar)1 500 (460 parsek)
Skynbare grootte 54 boogminute
Ander nameM48, NGC 2548
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Daar is nie werklik ’n sterreswerm in die posisie wat Messier aangedui het nie. Die waarde wat hy aangee vir die regte klimming stem ooreen met dié van NGC 2548, maar die deklinasie is vyf grade uit.[1] Caroline Herschel kry soms die krediet vir die ontdekking van die swerm in 1783.[1]

In goeie toestande is M48 met die blote oog van die Aarde af sigbaar. Dit is sowat 1 500 ligjare van hier en na raming 300 miljoen jaar oud.

Verwysings

  1. Houston, Walter Scott (2005). Deep-Sky Wonders. Sky Publishing Corporation. ISBN 1-931559-23-6.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.