Messier 38

Messier 38 of M38 (ook bekend as NGC 1912) is ’n oop sterreswerm in die sterrebeeld Koetsier. Dit is voor 1654 deur Giovanni Battista Hodierna ontdek en in 1749 onafhanklik deur Guillaume Le Gentil herontdek. M36 en M37, wat in dieselfde tyd deur Hodierna ontdek is, is nes M38 sowat 3 420 ligjare (1 300 parsek) van die Aarde af.[1]

Messier 38
Bron: NOAO
Bron: NOAO
Soort stelselOop sterreswerm
SterrebeeldKoetsier
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming05h 28m 42s
Deklinasie+35º 51' 18"
Skynmagnitude7,4
Besonderhede
Afstand (ligjaar)4 200 ligjare (1 300 parsek)
Skynbare grootte 21 boogminute
Ander nameM38, NGC 1912
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die swerm se helderste sterre vorm ’n patroon wat soos die Griekse letter Pi lyk. Dit het ’n gemiddelde ouderdom van sowat 220 miljoen jaar en sy helderste ster is ’n geelreus van klas G0 met ’n sigbare helderheid van 7,9 mag. Die absolute magnitude is sowat 900 keer dié van die Son.

Verwysings

  1. Majaess D. J., Turner D., Lane D. (2007). "In Search of Possible Associations between Planetary Nebulae and Open Clusters". Publications of the Astronomical Society of the Pacific. 119: 1349. arXiv:0710.2900. Bibcode:2007PASP..119.1349M. doi:10.1086/524414.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.