Messier 3

Messier 3 of M3 (ook bekend as NGC 5272) is ’n bolvormige sterreswerm in die sterrebeeld Jaghonde. Dit is op 3 Mei 1764 deur Charles Messier ontdek[1] en William Herschel het omstreeks 1784 die verskillende sterre onderskei. Sedertdien is dit een van die bes bestudeerde bolvormige sterreswerms. Die identifikasie van die swerm se besonder groot getal veranderlike sterre is in 1913 begin deur die Amerikaanse sterrekundige Solon Irving Bailey, en nuwe sterre is tot in 2004 steeds ontdek.[2]

Messier 3
Soort stelselBolswerm
SterrebeeldJaghonde
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming13h 42m11,62s
Deklinasie-28º 22' 38,2"
Skynmagnitude7
Besonderhede
Afstand (ligjaar)33 900
Ander nameM3, NGC 5272
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Baie amateursterrekundiges beskou dit as die beste noordelike bolvormige sterreswerm naas Messier 13.[3] M3 het ’n skynbare magnitude van 6,2,[4] wat dit moeilik maak om dit selfs in baie donker toestande met die blote oog te sien. Die swerm het ’n helder kern van sowat 6 boogminute en strek altesaam 12 boogminute ver in die ruimte.[3]

Messier 3, wat sowat 33 900 ligjare van die Aarde af is, is een van die grootste en helderste sterreswerms. Dit bevat sowat 500 000 sterre en is 8 miljard jaar oud.

Verwysings

  1. Machholz, Don (2002), The observing guide to the Messier marathon: a handbook and atlas, Cambridge University Press, ISBN 0-521-80386-1, http://books.google.com/books?id=iGI1wjkGLkQC&pg=PA12.
  2. Valcarce, A. A. R.; Catelan, M. (Augustus 2008), "A semi-empirical study of the mass distribution of horizontal branch stars in M 3 (NGC 5272)", Astronomy and Astrophysics 487 (1): 185–195, doi:10.1051/0004-6361:20078231, Bibcode: 2008A&A...487..185V.
  3. Thompson, Robert Bruce; Thompson, Barbara Fritchman (2007), Illustrated guide to astronomical wonders, DIY science O'Reilly Series, O'Reilly Media, Inc., p. 137, ISBN 0-596-52685-7, http://books.google.com/books?id=ymt9nj_uPhwC&pg=PA137.
  4. Messier 3, Simbad Astronomical Object Database, http://simbad.u-strasbg.fr/simbad/sim-id?Ident=Messier+3, besoek op 2006-11-15.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.