Messier 29

Messier 29 of M29 (ook bekend as NGC 6913) is ’n oop sterreswerm in die sterrebeeld Swaan. Dit is in 1764 deur Charles Messier ontdek en in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.

Messier 29
Soort stelselOop sterreswerm
SterrebeeldSwaan
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming20h 23m 56s
Deklinasie+83º 31,4'
Skynmagnitude7,1
Besonderhede
Afstand (ligjaar)4 000
Skynbare grootte 7 boogminute
Ander nameNGC 6913
Portaal    Sterrekunde

M29 is in die vol gebied van die Melkweg naby Gamma Cygni geleë, sowat 4 000 ligjare van die Aarde af.

Volgens die Sky Catalog 2000 is M29 in die Cygnus OB1-assosiasie en beweeg dit teen 28 km/s in die Aarde se rigting. Dit is sowat 10 miljoen jaar oud en sy helderste vyf sterre is almal reuse van spektraaltipe B0. Die helderste ster het ’n skynbare magnitude van 8,59 en die totale absolute helderheid van die swerm is ’n indrukwekkende -8,2 mag, of dié van 160 000 Sonne.

Die sterreswerm lyk taamlik geïsoleer in die lug. Die helderste vier sterre vorm ’n vierhoek en drie ander ’n driehoek noord daarvan.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.