Meridiaan

’n Meridiaan of lengtelyn is die helfte van ’n denkbeeldige grootsirkel op die aarde se oppervlak. Dit strek tussen die Noord- en Suidpool en verbind punte met dieselfde lengtegraad met mekaar. Elke meridiaan lê loodreg op die ewenaar. Hulle is almal dieselfde lengte: die helfte van ’n grootsirkel op die aarde se oppervlak en dus 20 003,93 km.

Die nulmeridiaan word op die Greenwich-observatorium aangedui.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.