Mercedes-Benz S-klas

Die Mercedes-Benz S-klas is 'n reeks volgrootte luukse sedans vervaardig deur die Duitse vervaardiger Mercedes-Benz, 'n afdeling van die Duitse maatskappy Daimler AG. Die klas is amptelik bekendgestel in 1972 met die W116 S-klas, en het vorige Mercedes-Benz modelle, wat terugdateer tot die middel-1950's, vervang.

   Mercedes-Benz S-klas
Oorsig
Vervaardiger Mercedes-Benz
Produksie Voorgangers dateer uit middel-1950s
S-klas benaming sedert 1972
Montering Sindelfingen, Duitsland
Bakwerk en onderstel
Klas Volgrootte luukse sedan
Bakstyl 4-deursedan
2-deurkoepee

Die S-klas het gedien as die vlagskipmodel vir Mercedes vir meer as vyftig jaar in sy verskillende inkarnasies. Die S-klas het baie van die maatskappy se nuutste innoverings, insluitend aandryfstelseltegnologie, binnefunksies, en veiligheidsstelsels geloods (soos die eerste sitplekgordelverspanners).

Die S-klas word as die wêreld se besverkoper luukse sedan beskou, en sy jongste generasie, die W222 S-klas, se première was in 2013. Soos in vorige modelle, is die W221 S-klas ook in standaard- en langasafstand weergawes te koop; I4, V6, V8, V12, diesel en hibriede enjinkonfigurasies is beskikbaar.

Die S-klas se mededingers is die BMW 7-reeks, Audi A8 en Porsche Panamera.

Sien ook


    Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
       
    Klik vir info oor hierdie sjabloon.
    This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.