Mercedes-Benz E-klas
Die Mercedes-Benz E-klas is 'n reeks luukse motors wat sedert 1993 deur Mercedes-Benz vervaardig word in verskeie enjin- en bakkonfigurasies. Voor 1993 het Mercedes-Benz dieselfde kategorie-motor aangebied onder 'n nie-verenigde nomenklatuur.
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Mercedes-Benz |
Produksie | E-klas sedert 1993 |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Middelslag luukse motor |
Uitleg | Voorenjin, agterwielaandrywing |
Plek in geskiedenis | |
Variante | Mercedes-Benz CLS-klas |
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Mercedes-Benz |
Modeljare | 2006 - 2009 |
Montering | Duitsland |
Bakwerk en onderstel | |
Bakstyl | Sedan, stasiewa |
Uitleg | Voorenjin, agterwielaandrywing |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 6,2-liter V8 |
Drywing | 378 kW |
Wringkrag | 630 Nm |
Ratkas | 7-gang outomaties |
Versnelling | 0-100 in 4,5 sek. |
Topspoed | 250 km/h beperk |
Die E het aanvanklik gestaan vir "Einspritzmotor" (Duits vir brandstofinspuitingenjin); 'n nuwe eienskap in volumeproduksievoertuie teen die tyd dat die E-klas die eerste keer verskyn het, met die E as 'n agtervoegsel aan die enjinnaam (bv. 230E) in die 1960's. Dit was eers met die bekendstelling van die opgekikkerde W124 in 1993 dat 'n E gebruik is as 'n voorvoegsel (bv. E220) en die model amptelik na verwys is as die E-klas. Teen hierdie tyd het alle Mercedes-sedanmotors oor brandstofinspuiting beskik en die maatskappy het gevoel dit was nie meer nodig om dit by te voeg nie.
As gevolg van die E-klas se grootte en duursaamheid, het die motors ook dikwels gedien as taxi's in Europese en Asiatiese lande. Mercedes-Benz bied ook spesiale-doelvoertuie (bv. vir polisie, ambulanse of lykswaens) aan uit die fabriek.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Mercedes-Benz E-klas.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |