Menseregtedag

Menseregtedag is 'n dag waartydens die regte van mense gedenk word. In sommige lande, soos Suid-Afrika, word dit as 'n openbare vakansiedag gevier.

Die VN se kenteken vir menseregtedag.

Menseregtedag in Suid-Afrika word jaarliks op 21 Maart gedenk ter nagedagtenis aan die Sharpeville-slagting. Die eerste Menseregtedag in Suid-Afrika is op 21 Maart 1995 gevier.[1]

Menseregtedag, soos deur die Verenigde Nasies ingestel, word in die res van die wêreld op 10 Desember gevier.

Aartsbiskop Desmond Tutu het in 1979 gesê: "We should all have the freedom to become fully human".

Sien ook

Verwysings

  1. "Menseregtedag" (in Engels). Suid-Afrikaanse menseregtekommissie. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Januarie 2007. Besoek op 15 Desember 2006.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.