Mendelevium

Mendelevium is ’n sintetiese chemiese element met die atoomgetal 101 en simbool Md (voorheen Mv). Dit is ’n metaalagtige, radioaktiewe transuraan in die aktiniedreeks, en is die eerste element wat tans nie in makroskopiese hoeveelhede vervaardig kan word deur ligter elemente met neutrone te beskiet nie. Dit is die derde laaste aktinied en die negende transuraan. Dit kan net in deeltjieversnellings vervaardig word deur ligter elemente met gelaaide deeltjies te beskiet. Altesaam 16 isotope is bekend, waarvan die mees stabiele een 258Md met ’n halfleeftyd van 51 dae is. Een met ’n korter halfleeftyd, 256Md (1,17 uur), word egter die algemeenste in chemie gebruik omdat dit op groter skaal vervaardig kan word.

101 fermium mendelevium nobelium
Tm

Md

Upp
Algemeen
Naam, simbool, getal mendelevium, Md, 101
Chemiese reeksaktiniede
Groep, periode, blok n.v.t., 7, f
Atoommassa(258) g/mol
Elektronkonfigurasie[Rn] 5f13 7s2
Elektrone per skil2, 8, 18, 32, 31, 8, 2
CAS-registernommer7440-11-1
Fisiese eienskappe
Toestandvastestof (voorspel)
Smeltpunt1 100 K
(827 °C)
Digtheid(0 °C, 101.325 kPa)
10,3(7) g/L
Atoomeienskappe
Oksidasietoestande2, 3
Ionisasie-energieë 1ste: 635 (geraam) kJ/mol
Kristalstruktuurkubies, vlak gesentreerd
(voorspel)
Elektronegatiwiteit1,3 (Skaal van Pauling)
Geskiedenis
Ontdek1955
Ontdek deurLawrence Berkeley
Nasionale Laboratorium
Genoem naDmitri Mendelejef
Vernaamste isotope
Hoofartikel: Isotope van mendelevium
iso NV halfleeftyd VM VE (MeV) VP
257Md sin 5,52 h ε 0,406 257Fm
α 7,558 253Es
SS -
258Md sin 51,5 d ε 1,230 258Fm
260Md sin 31,8 d SS -
α 7,000 256Es
ε 260Fm
β 1,000 260No
Portaal Chemie

Mendelevium is in 1955 ontdek deur einsteinium met alfadeeltjies te beskiet, dieselfde manier wat vandag nog gebruik word. Dit is genoem na Dmitri Mendelejef, die vader van die periodieke tabel.

Bibliografie

  • Silva, Robert J. (2006). "Fermium, Mendelevium, Nobelium, and Lawrencium". In Morss, Lester R.; Edelstein, Norman M.; Fuger, Jean (reds.). The Chemistry of the Actinide and Transactinide Elements (PDF). Vol. 3 (3rd uitg.). Dordrecht: Springer. pp. 1621–1651. doi:10.1007/1-4020-3598-5_13. ISBN 978-1-4020-3555-5. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 17 Julie 2010. Besoek op 9 Februarie 2017.

Eksterne skakels

H He
Li Be B C N O F Ne
Na Mg Al Si P S Cl Ar
K Ca Sc Ti V Cr Mn Fe Co Ni Cu Zn Ga Ge As Se Br Kr
Rb Sr Y Zr Nb Mo Tc Ru Rh Pd Ag Cd In Sn Sb Te I Xe
Cs Ba La Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg Tl Pb Bi Po At Rn
Fr Ra Ac Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr Rf Db Sg Bh Hs Mt Ds Rg Cn Nh Fl Mc Lv Ts Og
Alkalimetale Aardalkalimetale Lantaniede Aktiniede Oorgangsmetale Hoofgroepmetale Metalloïde Niemetale Halogene Edelgasse Chemie onbekend
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.