Membathisi Mdladlana
Membathisi Mdladlana (gebore op 12 Mei 1952 in Keiskammahoek, Oos-Kaap) is 'n Suid-Afrikaanse politikus. Hy is sedert September 2012 die Suid-Afrikaanse hoëkommissaris in Kanada.
Membathisi Mdladlana | |
Suid-Afrikaanse hoëkommissaris in Kanada | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang September 2012 | |
Minister van Arbeid | |
---|---|
Ampstermyn Julie 1998 – 30 Oktober 2010 | |
President | Jacob Zuma Kgalema Motlanthe Thabo Mbeki Nelson Mandela |
Voorafgegaan deur | Tito Mboweni |
Opgevolg deur | Mildred Oliphant |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 12 Mei 1952 Keiskammahoek, Oos-Kaap |
Politieke party | African National Congress |
Onderwyser
Mdladlana was 'n onderwyser en het in 1997 'n Baccalaureus Artium aan die Universiteit van Suid-Afrika verwerf in die onderwys en die Xhosa-taal. Van 1972 tot 1981 was Mdladlana 'n onderwyser aan die Laerskool Vukukhanye in Gugulethu, 'n township van Kaapstad. Van 1982 tot 1994 was hy die hoof van die Laerskool Andile in Crossroads, Kaapstad.
Politikus
Hy was die Minister van Arbeid van Suid-Afrika van 1998 tot 2010 sedert hy deur Nelson Mandela aangestel is.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.