Melkkos

Melkkos is 'n tradisionele boerekos-gereg wat gewoonlik op koue aande of in die oggend as 'n ligte maal warm bedien word.

Dit word van melk, meel, suiker, eiers en kaneel gemaak en is baie soos 'n melktert sonder die kors. Sommige resepte maak gebruik van pasta of sago om die krummels in die melkkos te vorm.

Kaneel en suiker word dikwels oor die oppervlak gesprinkel.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.