Megalopidae

Die Tarpons (Megalopidae) is 'n vis-familie van die orde Elopiformes. Die familie bevat slegs een genus met slegs twee spesies. Een van die spesies word aan die Suid-Afrikaanse kus aangetref.

Megalopidae
Megalops atlanticus
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Megalopidae

D. S. Jordan, 1923
Genus:
Megalops

Spesies

Megalops atlanticus
Valenciennes, 1847
Megalops cyprinoides
(Broussonet, 1782)

Kenmerke

Die familie leef hoofsaaklik in seewater, maar gaan ook varswater binne. Die familie kom voor in tropiese en subtropiese areas en word tot 2.2 m lank en is silwer-kleurig. Die familie is 'n gewilde soort sportvis.

Genus

Die volgende genus en gepaardgaande spesie kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

  • Megalops

Die ander spesie van die genus, Megalops atlanticus, kom glad nie aan die Suid-Afrikaanse kus voor nie.

Trivia

Phil Heemstra het glad nie die familie Megalopidae beskryf in sy boek Coastal Fishes of Southern Africa. 2004. ISBN 1-920033-01-7 nie terwyl dit gemeld word in die drie publikasies:

  • Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. ISBN 978-1-77007-345-6
  • Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0
  • A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1

Sien ook

Bron

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.