Meesterstoernooi

Die Amerikaanse Meesterstoernooi (gewoonlik The Masters genoem), of die US Masters buite Noord-Amerika, is een van die vier Grand Slam-Amerikaanse professionele gholftoernooie.[1] Die toernooi word elke jaar in April by die Augusta National Golf Club, 'n privaat gholfklub in Augusta, Georgia, aangebied. Behalwe vir 'n reuse kontantprys, kry die wenner ook 'n besonderse groen sportbaadjie, wat gesog is onder professionele gholfspelers.

'n Voorstelling deur geel blomme van die "Meesters" se embleem voor die klubhuis
Die negende (syfer 3) putjie.

Die toernooi het 'n paar tradisies. Die Kampioene-dinee, wat in 1952 deur Ben Hogan ingewy is, word die Dinsdag voor elke toernooi gehou en is slegs oop vir kampioene en sekere bestuurslede van die Augusta National Golf Club. Vanaf 1963 het die legendariese gholfspelers, meestal voormalige kampioene, op die oggend van die eerste ronde 'n eregbofhou geslaan om die spel te begin. Dit sluit in Fred McLeod, Jock Hutchinson, Gene Sarazen, Sam Snead, Byron Nelson, Arnold Palmer, Jack Nicklaus en Gary Player. Sedert 1960 word 'n semi-sosiale kompetisie op die syfer-3-baan die Woensdag, die dag voor die eerste ronde, gespeel.

Geskiedenis

Die Meesters is ingestel deur die amateurkampioen Bobby Jones en die beleggingsbankier Clifford Roberts.[2] Ná sy grand slam in 1930 het Jones die voormalige plantkwekery aangeskaf en saam met die baanargitek Alister MacKenzie die Augusta National ontwerp. Die toernooi is die eerste keer in 1934 gehou as 'n amptelike geldbyeenkoms op die PGA-toer, die Europese toer en die Japannese gholftoer. Die veld van spelers is kleiner as dié van die ander groot kampioenskappe, omdat dit 'n uitnodigingsgeleentheid is wat deur die Augusta Nasionale Gholfklub aangebied word.

Die Augusta National-baan het die eerste keer in 1933 geopen en is baie keer deur verskillende argitekte aangepas. Onder die veranderinge: setperke is omvorm en by geleentheid heeltemal herontwerp, sandkuile is bygevoeg, waterhindernisse is uitgebrei, nuwe bowwe is gebou, honderde bome is aangeplant en verskeie heuwels geïnstalleer.

Die Groot Drie van Arnold Palmer, Gary Player en Jack Nicklaus het die Meesters van 1960 tot 1978 oorheers en die byeenkoms 11 keer in dié tydperk gewen. Nadat hy in 1958 met slegs een hou gewen het,[3] het Palmer onder onvergeetlike omstandighede in 1960 weer met een hou gewen. Palmer was een hou agter Ken Venturi in die 1960-toernooi, en het op die laaste twee putjies voëltjies aangeteken om die oorhand te kry. Palmer sou in 1962 en 1964 nog twee Meesters wen.

Jack Nicklaus tydens die 2006 syfer-3-kompetisie

Vorige wenners

JaarKampioenLandSyferMarge
2022Scottie SchefflerVlag van Verenigde State van Amerika VSA-103
2021Hideki MatsuyamaVlag van Japan Japan-101
2020Dustin JohnsonVlag van Verenigde State van Amerika VSA-205
2019Tiger WoodsVlag van Verenigde State van Amerika VSA-131
2018Patrick ReedVlag van Verenigde State van Amerika VSA-154
2017Sergio GarciaVlag van Spanje Spanje-9Uitspeel (2)
2016Danny WillettVlag van Engeland Engeland-53
2015Jordan SpiethVlag van Verenigde State van Amerika VSA-184
2014Bubba WatsonVlag van Verenigde State van Amerika VSA-83
2013Adam Scott Australië-9Uitspeel (2)
2012Bubba WatsonVlag van Verenigde State van Amerika VSA-10Uitspeel (2)
2011Charl SchwartzelVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika-142
2010Phil MickelsonVlag van Verenigde State van Amerika VSA-163
2009Ángel CabreraVlag van Argentinië Argentinië-12Uitspeel (3)
2008Trevor ImmelmanVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika-83
2007Zach JohnsonVlag van Verenigde State van Amerika VSA+12
2006Phil MickelsonVlag van Verenigde State van Amerika VSA-72
2005Tiger WoodsVlag van Verenigde State van Amerika VSA-12Uitspeel (2)
2004Phil MickelsonVlag van Verenigde State van Amerika VSA-91
2003Mike Weir Kanada-7Uitspeel (2)
2002Tiger WoodsVlag van Verenigde State van Amerika VSA-123
2001Tiger WoodsVlag van Verenigde State van Amerika VSA-162
2000Vijay SinghVlag van Fidji Fidji-103
1999José María OlazábalVlag van Spanje Spanje-82
1998Mark O'MearaVlag van Verenigde State van Amerika VSA-91
1997Tiger WoodsVlag van Verenigde State van Amerika VSA-1812
1996Nick FaldoVlag van Engeland Engeland-125
1995Ben CrenshawVlag van Verenigde State van Amerika VSA-141
1994José María OlazábalVlag van Spanje Spanje-92
1993Bernhard LangerVlag van Duitsland Duitsland-114
1992Fred CouplesVlag van Verenigde State van Amerika VSA-132
1991Ian WoosnamVlag van Wallis Wallis-111
1990Nick FaldoVlag van Engeland Engeland-10Uitspeel (2)
1989Nick FaldoVlag van Engeland Engeland-5Uitspeel (2)
1988Sandy LyleVlag van Skotland Skotland-71
1987Larry MizeVlag van Verenigde State van Amerika VSA-3Uitspeel (3)
1986Jack NicklausVlag van Verenigde State van Amerika VSA-91
1985Bernhard LangerVlag van Duitsland Duitsland-62
1984Ben CrenshawVlag van Verenigde State van Amerika VSA-112
1983Seve BallesterosVlag van Spanje Spanje-84
1982Craig StadlerVlag van Verenigde State van Amerika VSA-4Uitspeel (2)
1981Tom WatsonVlag van Verenigde State van Amerika VSA-82
1980Seve BallesterosVlag van Spanje Spanje-134
1979Fuzzy ZoellerVlag van Verenigde State van Amerika VSA-8Uitspeel (3)
1978Gary PlayerVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika-111
1977Tom WatsonVlag van Verenigde State van Amerika VSA-122
1976Raymond FloydVlag van Verenigde State van Amerika VSA-178
1975Jack NicklausVlag van Verenigde State van Amerika VSA-121
1974Gary PlayerVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika-102
1973Tommy AaronVlag van Verenigde State van Amerika VSA-51
1972Jack NicklausVlag van Verenigde State van Amerika VSA-23
1971Charles CoodyVlag van Verenigde State van Amerika VSA-92
1970Billy CasperVlag van Verenigde State van Amerika VSA-9Uitspeel (2)
1969George ArcherVlag van Verenigde State van Amerika VSA-71
1968Bob GoalbyVlag van Verenigde State van Amerika VSA-111
1967Gay BrewerVlag van Verenigde State van Amerika VSA-81
1966Jack NicklausVlag van Verenigde State van Amerika VSAEUitspeel (3)
1965Jack NicklausVlag van Verenigde State van Amerika VSA-179
1964Arnold PalmerVlag van Verenigde State van Amerika VSA-126
1963Jack NicklausVlag van Verenigde State van Amerika VSA-21
1962Arnold PalmerVlag van Verenigde State van Amerika VSA-8Uitspeel (3)
1961Gary PlayerVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika-81
1960Arnold PalmerVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State-61
1959Art Wall, Jr.Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State-41
1958Arnold PalmerVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State-41
1957Doug FordVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State-53
1956Jack Burke, Jr.Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State+11
1955Cary MiddlecoffVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State-97
1954Sam SneadVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State+1Uitspeel (2)
1953Ben HoganVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State-145
1952Sam SneadVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State-24
1951Ben HoganVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State-82
1950Jimmy DemaretVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State-52
1949Sam SneadVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State-63
1948Claude HarmonVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State-95
1947Jimmy DemaretVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State-72
1946Herman KeiserVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State-61
1945 Toernooi nie in 1943–1945 gehou nie weens die Tweede Wêreldoorlog
1944
1943
1942Byron NelsonVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State-8Uitspeel (2)
1941Craig WoodVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State-83
1940Jimmy DemaretVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State-84
1939Ralph GuldahlVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State-91
1938Henry PicardVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State-32
1937Byron NelsonVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State-52
1936Horton SmithVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State-31
1935Gene SarazenVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State-6Uitspeel (2)
1934Horton SmithVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State-41

Tradisies

Die toernooi het 'n aantal tradisies, wat jaar-na-jaar getrou uitgevoer word.

Die Groen Baadjie

Sedert 1949 word 'n groen baadjie aan die kampioen toegeken, wat dit 'n jaar na sy oorwinning aan die klub moet teruggee, hoewel dit sy persoonlike eiendom bly en saam met ander kampioene se baadjies in 'n spesiaal aangewese kleedkamer gebêre word. In die meeste gevalle mag slegs 'n eerste en die huidige kampioen sy baadjie van die klubterrein verwyder. 'n Gholfspeler wat die byeenkoms herhaaldelik wen, gebruik dieselfde groen baadjie wat toegeken is met sy eerste oorwinning (tensy hy weer met 'n nuwe baadjie uitgerus moet word).[4]

Openingsbofhou

Sedert 1963 was die gewoonte in meeste jare om die toernooi te begin met 'n ere-bofhou op die eerste putjie, gewoonlik deur een of meer legendariese spelers. Die oorspronklike eregaste was Jock Hutchison en Fred McLeod; hierdie twee het elke toernooi vanaf 1963 tot 1973 geopen.

In 2007, 2008 en 2009 neem Arnold Palmer die ere-opening waar.[5] By die Meestertoernooie van 2010 en 2011 het Jack Nicklaus hom by Palmer aangesluit as 'n ere-medebeginner vir die geleentheid. In 2012 het Gary Player by hulle aangesluit. Palmer het in Maart 2016 aangekondig dat 'n langdurige skouerprobleem hom sou verhoed om aan die 2016-afslaan deel te neem. Palmer was egter steeds teenwoordig vir die seremonie.

Na die dood van Palmer in 2016 het die 2017- seremonie hulde aan hom gebring; sy groen baadjie is oor 'n leë wit stoel gedrapeer, terwyl almal wat aanwesig was, 'Arnie's Army'-lapelwapens gedra het.[6]

Kampioene-dinee

Die Champions' Dinner word elke jaar op die Dinsdagaand wat Donderdag se eerste ronde voorafgaan, gehou. Die eerste dinee is in 1952 deur die verdedigende kampioen, Ben Hogan, aangebied om die oudkampioene van die toernooi te vereer.[7] Destyds was 15 toernooie reeds gespeel, en die aantal vorige kampioene was 11. Amptelik bekend as die "Masters Club", bevat dit slegs wenners van die Meesters, alhoewel geselekteerde lede van die Augusta National Golf Club as erelede opgeneem is, gewoonlik die voorsitter.

Die verdedigende kampioen, as gasheer, kies die spyskaart vir die dinee. Meesterskampioene het gereeld geregte uit hul vaderland bedien wat voorberei is deur die Meestersjef. Merkwaardige voorbeelde hiervan is haggis, wat in 1989 deur die Skot Sandy Lyle voorgesit is,[8] en bobotie, 'n Suid-Afrikaanse gereg, wat op versoek van die 2008-kampioen, Trevor Immelman, bedien is. Ander voorbeelde is die Duitser Bernhard Langer met Wiener schnitzel uit 1986, die Britse vis-en-skyfies van Nick Faldo, die Kanadees Mike Weir se eland en wildevark, en Vijay Singh se seekos tom kah en hoender panang-kerrie. Die 2011-ete van Phil Mickelson was 'n Spaanse dis, in die hoop dat Seve Ballesteros dit sou bywoon, maar hy was reeds te siek en is enkele weke later oorlede.[9]

Joggies

Tot in 1983 moes alle deelnemers aan die Meesters gebruikmaak van die dienste van 'n Augusta National Club-joggie, wat volgens klubtradisie altyd 'n Afro-Amerikaanse man was. Inderdaad word beweer dat Clifford Roberts, medestigter van die klub, gesê het: "Solank ek nog leef, sal gholfspelers wit wees en joggies swart wees." Sedert 1983 – ses jaar na Roberts se dood in 1977 – word spelers die opsie gegee om hul eie joggie na die toernooi te bring.

Die Meesters vereis dat joggies 'n uniform dra wat bestaan uit 'n wit oorpak, 'n groen Masters-pet en wit tekkies. Die van, en soms die eerste voorletter, van elke speler word op die rug van sy joggie-uniform aangetref. Die verdedigende kampioen ontvang altyd joggie-nommer "1": ander gholfspelers kry hul joggienommers in die volgorde waarin hulle vir die toernooi registreer. Die ander grotes en 'n paar PGA Tour-byeenkomste het voorheen 'n soortgelyke beleid ten opsigte van joggies gehad tot in die 1970's.

Speleruitnodigings

Soos met die ander grotes, verdien die Meesters se wenner verskeie voorregte wat sy loopbaan 'n hupstoot gee. Elke Meesterskampioen word outomaties uitgenooi om in die ander drie grotes (die Amerikaanse Ope, die Ope-kampioenskap en die PGA-kampioenskap) vir die volgende vyf jaar te speel (behalwe vir amateurwenners, tensy hulle binne die vyfjaarperiode professioneel word), en verdien 'n lewenslange uitnodiging na die Meesters. Hulle ontvang ook lidmaatskap van die PGA-toer vir die volgende vyf seisoene en uitnodigings na die Spelerskampioenskap vir vyf jaar.[10]

Toegangskaartjies

Kaartjies vir toeskouers na die toernooi is nie vryelik beskikbaar aan die publiek nie. Die rede hiervoor is dat daar 'n geslote "list of patrons" by die Augusta National Golf Club Masters Tournament gehou word, persone aan wie die beskikbare kaartjies (bekend as "Series Masters Badges" (vir Donderdag tot Sondag)) gereeld elke jaar verkoop word. Hierna mag belangstellendes enige nie-benodigde toegangskaartjies indirek of moontlik via die swartmark van houers ("patrons") verkry.

Die enigste ander opsie is die sg. "Masters Practice Rounds"-kaartjies wat in beperkte hoeveelhede beskikbaar gestel word aan persone wat vooraf daarvoor aansoek gedoen het, aldus die toernooibestuur.

Verwysings

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. "Masters Milestones". www.masters.org. Besoek op 9 Februarie 2016.
  3. "Past Winners & Results". Besoek op 9 Februarie 2016.
  4. Kelley, Brent. "Do Masters Champions Get to Keep the Green Jacket?" (in Engels). About.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Desember 2016.
  5. "Arnold Palmer to hit opening Masters tee shot" (in Engels). Golf Today. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 April 2016. Besoek op 4 Februarie 2008.
  6. "Fit for a King: Arnold Palmer honored in moving tribute at Augusta National". Golf.com (in Engels). 4 April 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 April 2019. Besoek op 9 April 2017.
  7. "Frequently Asked Questions at the Masters". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Oktober 2008. Besoek op 20 November 2008.
  8. "Masters Club". www.masters.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Januarie 2008. Besoek op 25 Januarie 2008.
  9. Masters Champions Dinner: Everything you need to know
  10. "Players – Qualifications for Invitation". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Mei 2008. Besoek op 20 November 2008.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.