Meerssen
Meerssen (Limburgs: Meersje) is 'n dorp en munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Limburg, wat grens aan die Belgiese provinsie Limburg (die Maas-rivier vorm o.a. hier die grens met hierdie Vlaamse provinsie). Die munisipale gebied het sowat 19 000 inwoners (2012) en 'n oppervlakte van 28 km². Die dorp Meerssen het sowat 6 000 inwoners (2005).
Meerssen | |
---|---|
Munisipaliteit | |
Vlag Wapen | |
Ligging van Meerssen-munisipaliteit in Limburg | |
Koördinate: 50°53′00″N 5°45′00″O | |
Land | Nederland |
Provinsie | Limburg |
Regering | |
• Burgemeester | Mirjam Clermonts-Aretz (VVD) |
Oppervlak | |
• Totaal | 27,71 km2 (10,70 vk. myl) |
• Land | 27,15 km2 (10,48 vk. myl) |
• Water | 0,56 km2 (0,22 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 19 405 |
• Digtheid | 715/km2 (1 851,8/vk. myl) |
Poskode | 6230-6231, 6235, 6237, 6240-6241, 6243 |
Skakelkodes | 043 |
Webwerf | www.meerssen.nl |
Meerssen staan bekend vir die Verdrag van Meerssen van 870, toe Midde-Fransië tussen Wes-Fransië en Oos-Fransië verdeel het.
Plekke
Plekke in die munisipale gebied van Meerssen:
Broekhoven, Brommelen, Bunde, Genzon, Geulle, Geulle aan de Maas, Humcoven, Hussenberg, Kasen, Meerssen (dorp), Moorveld, Oostbroek, Raar, Rothem, Schietecoven, Snijdersberg, Stommeveld, Ulestraten, Vliek, Voulwames, Waterval, Weert en Westbroek.