Medici
Die geslag De' Medici (of Dei Medici) was 'n magtige en invloedryke familie wat in Florence as grondlegger van die internasionale bankwese gedurende die 15de eeu op die gebied van kuns 'n toonaangewende rol gespeel het.
Die lede van die familie De' Medici het invloed op die kuns en die argitektuur, veral in Florence, gehad. Hulle het onder andere die Palazzo Pitti met die Boboli-tuine beset. Hulle het ook die museum in die Uffizi gestig.
Geskiedenis
In 1410 is Giovanni di Bicci as die beheerder van die vermoë van die pous benoem. Sy seun het die bank internasionaal uitgebou, waardeur hulle hul fortuin nog verder vergroot het. Naas Rome het daar filiale in Venesië, Pisa, Milaan, Avignon, Brugge, Genève en Londen gekom. Hul mag was die grootste onder die leiding van Lorenzo il Magnifico. Al sedert hul grootvader was De' Medici versamelaars van kuns. Brunelleschi en Donatello het opdrag gekry om die Dom in Florence te bou en te versier. Sonder die De' Medici sou daar geen Divina Commedia van Dante gewees het nie, geen Leonardo da Vinci, geen leerstoel vir Galileo Galilei, geen Dawid van Michelangelo en geen Uffizi. Michelangelo het sy opleiding as beeldhouer in die tuine van De' Medici begin. Botticelli het sy opdragte as kunsskilder gekry, Giovanni Boccaccio as digter.
Die De' Medici het geweet hulle kon steeds meer politieke mag verwerf nadat hulle ryk geword het as wolhandelaars en as bankiers. Die familie De' Medici het drie pouse, Leo X, Clemens VII en Leo XI, meer as vyftig kardinale en twee koninginne van Frankryk, Catharina en Maria, voortgebring. Deur die finansiering van veldtogte het die koning van Frankryk in die skuld geraak en is hy gedwing om tot 'n huwelik toestemming te gee. Sy skoondogter Maria de' Medici het 600 000 goudgulde as bruidskat meegebring. Aan die einde van die 17de eeu het die mag van die De' Medici afgeneem. In 1737 het die laaste De' Medici met politieke mag, Gian Gastone, gesterf. Daar is nog 'n newelyn wat produkte onder die naam Lorenzo De' Medici op die mark bring. In totaal lewe daar nog 25 persone met die naam De' Medici. Die gerug dat die familie volledig uitgesterf het, is dus onwaar.
In die 18de eeu het komponis Ruggiero Leoncavallo 'n driedelige opera oor die geskiedenis van De' Medici geskryf.
Bekende lede
- Giovanni di Bicci (1360 - 1429), vanweë sy goeie betrekkinge met die pous het hy binne enkele jare alle andere banke in Florence oorvleuel.
- Cosimo de' Medici die Ouere (die Ouere, 1389 - 1464), seun van Giovanni di Bicci het talryke bankiershuise in en buite Italië gestig.
- Piero de' Medici (die Jigtige, 1416 - 1469), seun van Cosimo die Ouere.
- Lorenzo de' Medici (il Magnifico, 1449 - 1492) seun van Piero I.
- Piero de' Medici (die Onfortuinlike, 1471 - 1503), seun van Lorenzo. Sy vrou was van mening dat bankwese 'n onwaardige besigheid is.
- Giovanni de' Medici (1475 - 1521), het pous Leo X (1513 – 1521) geword, uitermate kunsliewend; hy het die insigte van Martin Luther as dié van 'n Duitse drinkbroer bestempel. Die gevolge van sy beslissing om hom te verban, het hy nie meegemaak nie, want hy het in die jaar daarop gesterf.
- Giulio de' Medici (1478 - 1534), het pous Clemens VII (1523 – 1534) geword.
- Giuliano de' Medici (1479 - 1516), hertog van Nemours, jongste seun van Lorenzo.
- Cosimo I de' Medici (die Grote, 1519 - 1574), die eerste groothertog van Toskane.
- Catharina de' Medici (1519-1589), koningin van Frankryk; moontlike opdraggeefster tot die Bartolomeusnag. Sou haar swaer, die troonopvolger, vergiftig het. Sy het die parfuum, die aartappel, chocola en die haute cuisine in Frankryk bekend gestel.
- Alessandro Ottaviano de' Medici (1535 - 1605), was 27 dae pous Leo XI in 1605.
- Maria de' Medici (1573 - 1642), koningin en regentes van Frankryk. Sy het 'n komplot teen haar seun gesmee, wat haar daarna uit die land gesit het. Haar besoek in 1638 aan Amsterdam word as 'n internasionale erkenning van die Nederlandse Republiek gesien.
- Cosimo III de' Medici is bekend omdat hy in 1667/1668 en in 1669 op besoek was aan die Republiek en sy aankope, o.a. 'n Rembrandt, in 'n dagboek opgeteken het.
Familiegraf
De Medici lê in die Capelle Medicee van die Basilica San Lorenzo in Florence begrawe. Daar vind 'n ondersoek plaas na die leefgewoontes, siektes en doodsoorsake van De Medici. In twee jaar tyd sal in totaal 49 grafte van Medici-telge in die 300 jaar oue familiegraf geopen word. Op 7 Julie 2004 is 'n geheime kript ontdek met die stoflike reste van nege mense, waaronder die lyk van groothertog Gian Gastone de' Medici (1671 - 1737), wat verward en vervuild aan sy einde gekom het.
Stamboom 1360 - 1675
Giovanni di Bicci (1360-1429) │ ├─Cosimo di Giovanni de' Medici (die Ouere) (1389-1464) │ │ │ ├─Piero de' Medici (die Jigtige) (1416-1469) │ │ │ │ │ ├─Giuliano de' Medici (1453-1478) │ │ │ │ │ │ │ └─Giulio de' Medici (1478-1534), pous Clemens VII (1523–1534) │ │ │ │ │ │ │ └─Alessandro de' Medici (die Moor) (1510-1537), hertog van Toskane │ │ │ │ │ │ │ ├─Giulio de' Medici (ca. 1533-1600) │ │ │ │ │ │ │ └─Giulia de' Medici (ca. 1535-1588) │ │ │ │ │ └─Lorenzo de' Medici (il Magnifico) (1449-1492) │ │ │ │ │ ├─Lucrezia de' Medici (1470-1550) │ │ │ │ │ │ │ ├─Maria Salviati (1499-1543), vrou van Giovanni dalle Bande Nere (de' Medici) │ │ │ │ │ │ │ └─Francesca Salviati (1491-????) │ │ │ │ │ │ │ └─ Alessandro Ottaviano de' Medici (1535-1605), pous Leo XI (1605) │ │ │ │ │ ├─Piero de' Medici (die Onfortuinlike) (1472-1503) │ │ │ │ │ │ │ └─Lorenzo di Piero de' Medici (1492-1519), hertog van Urbino │ │ │ │ │ │ │ └─Catharina de' Medici (1519-1589), vrou van Hendrik II van Frankryk │ │ │ │ │ ├─Maddalena de' Medici (1473-1528) │ │ │ │ │ ├─Giovanni de' Medici (1475-1521), pous Leo X (1513–1521) │ │ │ │ │ ├─Giuliano de' Medici (1479-1516), hertog van Nemours │ │ │ │ │ │ │ └─Ippolito de' Medici (1511-1535), kardinaal │ │ │ │ │ └─Contessina de' Medici (1478-1515), vrou van Piero Ridolfi │ │ │ ├─Giovanni de' Medici (1421-1463) │ │ │ └─Carlo de' Medici (1430-1492) │ └─Lorenzo de' Medici (die Oue) (1395-1464) │ └─Pierfrancesco de' Medici (die Oue) (1430-1476) │ ├─Lorenzo di Pierfrancesco de' Medici (1463-1503), heer van Piombino │ │ │ └─Pierfrancesco de' Medici (die Jonge) (1487-1525) │ │ │ ├─Laudomia de' Medici (1510-1558) │ │ │ ├─Lorenzino de' Medici (1514-1548) (ook bekend as Lorenzaccio) │ │ │ ├─Giuliano de' Medici (ca. 1520-1588) │ │ │ └─Maddalena de' Medici (????-1583) │ └─Giovanni de' Medici il Popolano (1467-1498) │ └─Giovanni dalle Bande Nere (1498-1526) │ └─Cosimo I de' Medici (1519-1574), groothertog van Toskane │ ├─Francesco I de' Medici (1541-1587), groothertog van Toskane │ │ │ ├─Eleanora de' Medici (1567-1611) │ │ │ ├─Maria de' Medici (1573-1642), koningin van Frankryk, vrou van Hendrik IV │ │ │ └─Antonio de' Medici (1576-1621) │ ├─Isabella de' Medici (1542-1576) │ ├─Giovanno de' Medici (1543-1562), biskop van Pisa en kardinaal │ ├─Lucretia de' Medici (1545-1562), vrou van Alfonso II d'Este, hertog van Ferrara en Modena │ ├─Ferdinando I de' Medici (1549-1609), groothertog van Toskane │ │ │ ├─Cosimo II de' Medici (1590-1621), groothertog van Toskane │ │ │ │ │ ├─Ferdinando II de' Medici (1610-1670), groothertog van Toskane │ │ │ │ │ │ │ └─Cosimo III de' Medici (1642-1723), groothertog van Toskane │ │ │ │ │ │ │ ├─Ferdinando de' Medici (1663-1713) │ │ │ │ │ │ │ ├─Anna Maria Luisa de' Medici (1667-1743) │ │ │ │ │ │ │ └─Gian Gastone de' Medici (1671-1737), groothertog van Toskane │ │ │ │ │ ├─Giovanno Carlo de' Medici (1611-1663), biskop van Sabina │ │ │ │ │ ├─Margherita de' Medici (1612-1675), vrou van Odoardo I Farnese, graaf van Parma │ │ │ │ │ ├─Anna de' Medici (1616-1676), vrou van aartshertog Ferdinand Karl van Oostenryk │ │ │ │ │ └─Leopoldo de' Medici (1617-1675), kardinaal │ │ │ └─Claudia de' Medici (1604-1648), vrou van aartshertog Leopold V van Oostenryk │ ├─Pietro de' Medici (1554-1604) │ └─Virginia de' Medici (1568-1615), vrou van Cesare d'Este, hertog van Modena
Eksterne skakels
Bronne
- Medici, L. de' (2005) Die Medici. Die Geschichte meine Familie.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Famiglia Medici. |