Medalje

'n Medalje is 'n klein metaalvoorwerp wat uitgereik word aan iemand wat 'n besondere prestasie gelewer het. Die medalje is 'n tasbare simbool van die onderskeiding gelewer wat aan die persoon uitgereik word. Die ontvanger kan sommige medaljes op sy of haar klere vasspeld, maar ander medaljes kan nie gedra word nie.

Medalje van die Orde van die Nederlandse Leeu.

Medaljes word veral uitgereik aan militariste en sportlui. In die sportwêreld, soos byvoorbeeld tydens die Olimpiese Spele, word 'n goue medalje vir die eerste plek, silwer vir die tweede plek en brons vir 'n derde plek toegeken.

Sien ook

Drie verskillende VSA militêre medaljes.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.