Mbulaeni Mulaudzi
Mbulaeni Mulaudzi (8 September 1980 – 24 Oktober 2014) was 'n Suid-Afrikaanse 800 m atleet. Hy was 'n wêreldkampioen en Olimpiese silwermedaljewenner. Hy het die binnenshuise wêreldtitel in 2004 verower en die buitenshuise titel in 2009. Hy het sy silwermedalje tydens die Olimpiese Somerspele 2004 verower. Mulaudzi het by die openingseremonie die Suid-Afrikaanse vlag gedra.[1] Hy was ook die Statebondspele-kampioen van 2002.
Hy is in 2014 op 34-jarige leeftyd in 'n motorongeluk naby Witbank, Mpumalanga, oorlede.[2]
Titels
- Wêreldkampioen 800 m - 2009
- Binnenshuise Wêreldkampioen 800 m - 2004
- Gemenebeskampioen 800 m - 2002
- Suid-Afrikaanse kampioen 800 m - 2001, 2002, 2003, 2005, 2006
- Afrika-jeugkampioen 800 m - 1999
Persoonlike rekords
- Opelug
Item | Tyd | Datum | Plek |
---|---|---|---|
800 m | 1.42,86 | 6 September 2009 | Rieti |
1000 m | 2.15,86 (SA rekord) | 7 Augustus 2007 | Stockholm |
1500 m | 3.38,55 | 6 Februarie 2009 | Durban |
- Binnenshuis
Item | Prestasie | Datum | Plek |
---|---|---|---|
800 m | 1.44,91 (nat. rek) | 9 Maart 2008 | Valencia |
Eerbetonings
Mulaudzi is met die Orde van Ikhamanga in 2015 postuum bekroon.[3]
Verwysings
- Lombaard, Larry (12 Augustus 2004). "Mulaudzi to carry the SA flag" (in Engels). Independent Online. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Junie 2016. Besoek op 5 Augustus 2016.
- SA Olympic athlete killed in car crash
- Ngwenya, Jabulile S. (7 Desember 2015). "Zuma to bestow National Orders awards". Independent Online (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2016. Besoek op 5 Augustus 2016.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Mbulaeni Mulaudzi.
- (en) Mbulaeni Mulaudzi se IAAF-profiel
- (en) Mbulaeni Mulaudzi in die Internet-rolprentdatabasis
Voorafgegaan deur Hezekiél Sepeng |
Vlagdraer vir Suid-Afrika Athene 2004 |
Opgevolg deur Natalie du Toit |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.