Mauritiustyd

Mauritiustyd (Engels: Mauritius Time, of MUT) is 'n tydsone wat vier ure voor Gekoördineerde Universele Tyd is (met ander woorde UTC+4). Die tydsone word in die eilandnasie van Mauritius gebruik, wat in die Indiese Oseaan geleë is.

Somertyd is in 2008 waargeneem. Alle horlosies is op 26 Oktober 2008 aangestel na UTC+5 en weer op 29 Maart 2009 om 3 voormiddag teruggestel.[1] Hierdie tydverskuiwing word nie meer gebruik nie.

Verwysings

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.